Weg! Ry & Sleep

DIE LANG PAD OP

-

10 Kruis by Stockpoort

Vergeet van Groblersbr­ug. Dis heelwat vinniger om die grens by die kleiner Stockpoort-grenspos naby Lephalale oor te gaan. Maak seker jy ry die teerpad van Lephalale af tot op Stockpoort (die grondpad is baie sleg) en moenie jou bekommer oor die 50 km lange grondpad aan die Botswanaka­nt van die grens nie – dis in ’n puik toestand en bring jou tot by die A1-hoofpad net suid van Mahalapye. >

11 Ry dié roete deur Botswana

Moenie die A1- en A3-hoofweg oor Francistow­n en Nata ry nie. Die pad Maun toe is baie korter en stiller op die A14 wat oor Orapa en suid van die Makgadikga­dipanne verbyloop.

Om van Maun tot by Khwai te kom ry jy die grondpad wat noord deur Mababe Village loop. Iewers op hierdie skof vurk die pad en die bordjie dui aan jy moet links draai na Khwai en regs na Savute. Hou hier regs; as jy links draai, moet jy deur Moremi ry en dus die parktarief betaal. Die pad draai wes sodra jy deur Mababe is en die afdraaie na Magotho en Sable Alley lê by die volgende GPS-punte: Magotho-afdraai S19.093310 E23.871491 Sable Alley-afdraai S19.133292 E23.766164

12 Slaap hier oor KHAMA RHINO SANCTUARY

Dié reservaatj­ie is ’n gemaklike dag se ry van Pretoria af en het groot staanplekk­e met hope skaduwee. Vra vir staanplek nr. 5, 6, 7 of 8 as jy ’n bietjie privaathei­d wil hê én stapafstan­d van die ablusieblo­kke wil wees. Die staanplekk­e het nie krag nie, maar jy kan (gewoonlik) warm stort. Hier is ook ’n restaurant met ’n verassende verskeiden­heid op die spyskaart. Dit kos BWP92 (R119) p.p.p.n. om te kamp

en die toegangsge­ld beloop BWP87 (R112) p.p. en BWP71 (R92) per voertuig per dag. Jy kan by die ingangshek hout koop teen BWP20 (R26) per sak.

khamarhino­sanctuary.org.bw

MAUN REST CAMP

Kamp op die oewer van die Thamalakan­erivier aan die buitewyke van Maun in dié skaduryke kampie. Staanplekk­e het kragpunte en daar is warm storte en gratis wi-fi. Dit kos BWP100 (R129) p.p. vir ’n oewerstaan­plek. Jy kan ook ’n voldagboot­uitstappie na Chiefs Island bespreek teen BWP1 250 (R1 612).

maunrestca­mp.com

13 Pak jou yskas versigtig

In normale omstandigh­ede mag jy enige vleis uit SuidAfrika noord deur Botswana vat, maar geen vleis van die noorde af suid bring nie. Wanneer daar egter spesifieke siektes uitbreek, mag jy byvoorbeel­d nie varkof hoenderpro­dukte deur die grens of veeartshei­nings vat nie. Daar mag ook ’n tydelike verbod wees op sekere groente en vrugte. Gesels dus met die AA vóór jy vertrek, om dubbel seker te maak.

14 Maak vol in Botswana

Brandstof is tot R3,50 per liter goedkoper in Botswana as in Suid-Afrika. Maak dus jou jerrykanne aan daardie kant vol en moenie vergeet om jou tenk ook vol te maak voor jy terugkom Suid-Afrika toe nie. Onthou, die naaste vulstasies aan Khwai is in Maun. Ry minstens 40 ℓ spaarbrand­stof per voertuig saam as jy lank gaan bly en van plan is om baie wildritte te doen.

As jy vasbrand, vra vir Onks van die Khwai-ontwikkeli­ngsrust (hy maak saans ’n draai om bespreking­s na te gaan en vullis op te laai) om jou te help. Hy verkoop diesel in Khwai Village teen BWP290 (R375) vir 20 ℓ.

15 Stop by Riley’s

Riley’s in Maun is ’n goeie plek om tenk vol te maak, bande af te blaas (tot ongeveer 1,8 bar) en koeldrank te koop vir die pad Khwai toe. Hier is ook ’n AutoZone indien jy vergeet het om ’n noodwaaier­band of gloeilampi­es saam te bring.

GPS S19.988167 E23.426089

 ??  ?? GROOTMENER­E. Maak seker jy het jou kamera. Die olifante in dié geweste is allermins kamerasku en hulle speel gewoonlik laatoggend in die water. Jy kamp hier sonder elektrisit­eit en in sommige plekke sonder toilette. Onthou dus jou graaf en witgoud vir...
GROOTMENER­E. Maak seker jy het jou kamera. Die olifante in dié geweste is allermins kamerasku en hulle speel gewoonlik laatoggend in die water. Jy kamp hier sonder elektrisit­eit en in sommige plekke sonder toilette. Onthou dus jou graaf en witgoud vir...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa