PARKREËLS

Weg! Ry & Sleep - - BESTEMMING -

16 Bly op die pad

Hoe­wel die ken­nis­ge­wing­bor­de om die kampplekke sê jy mag nie van die pad af ry nie, sal jy sien nie­mand volg dié re­ël nie – en daar is ook nie­mand wat dit af­dwing nie. Wees eg­ter ge­waar­sku: Die kans is baie goed dat jy een van jou ban­de se sy­wan­de op ’n ou boom­stomp gaan sny. Ons het twéé ban­de só ver­loor.

17 Tel stom­pies op

Vol­gens die web­werf mag jy nie bin­ne 1 km van die kamp af hout op­tel nie. ’n Mens sou dink dit be­te­ken jy mag dit el­ders in die om­ge­wing doen. As jy eg­ter ver­kies om nié in die veld te gaan soek nie, kan jy bon­dels hout koop langs die pad in Ma­ba­be Vil­la­ge tus­sen Maun en Khwai. Be­gra­we jou vuur se as min­stens 30 cm on­der die grond voor jy ver­trek of ge­bruik dit om jou toi­let­gat te vul.

18 G’n ge­kon­kel in die don­ker

Na­grit­te vir self­ry­be­soe­kers is ver­bo­de, maar aan­ge­sien Khwai nie in ’n na­si­o­na­le park is nie en die kam­pe nie hek­ke het nie, kan jy ’n ruk­kie voor son­op en ’n ruk­kie ná son­der uit­bly son­der om in die moei­lik­heid te kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.