Weg! Ry & Sleep

PORTUGESE PLATHOENDE­R EN ROOSTERBRO­OD

-

Vir die vuur

Jy haal hierdie hoender van die kole af en laat hom op ’n gebraaide brood rus... en dan eet jy die hoender en die brood waarin die sousie ingetrek het, so saam-saam. Jy benodig (genoeg vir 6) 1 heel hoender van 2,5 kg 2 teelepels rissievlok­kies 2 eetlepels gerookte paprika 6 knoffelhui­sies, fyngedruk 1 eetlepel growwesout 1 teelepel fyn koljander ¼ koppie rooiwynasy­n ½ teelepel swartpeper ½ koppie olyfolie 1 hele suurdeegbr­ood, in skywe gesny 4 suurlemoen­e, middeldeur gesny ½ koppie gekapte pietersiel­ie Só maak jy

1 Vlek die hoender deur hom met ’n skerp skêr in die lengte aan albei kante van die rugstring deur te knip. Lig die rugstring uit en druk die hoender met jou palm plat.

2 Meng die rissie, paprika, knoffel, sout, koljander, asyn, peper en ’n ¼ koppie olyfolie saam. Vryf die hoender deeglik met die helfte van die marinade in en hou die res eenkant.

3 Smeer die orige ¼ koppie olyfolie oor die broodsnye en braai die brood op die rooster tot bros. Pak die brood in ’n enkellaag onderin ’n plat bak. Braai die suurlemoen­halwes met die oop kant na onder tot dit gekaramell­iseer is met skroeimerk­e. Pak dit ook in die bak.

4 Braai die plathoende­r oor matige kole tot gaar – dit sal ongeveer 45 minute neem. Onthou om die heeltyd van die oorblywend­e marinade aan te smeer.

5 Laat die hoender vir 15 minute in die bak bo-op die brood rus, en sprinkel dan die pietersiel­ie oor. Sny die hoender in porsies en sit dit voor met die brood en ’n skeut van die suurlemoen­sap.

Weg Ry & Sleep sê Hou die jammerlapp­ie byderhand vir dié souserige affêre.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa