Weg! Ry & Sleep

Lekkerte op ’n stokkie

PYNAPPELSO­SATIES MET GRONDBOONT­JIESOUS

-

Ontbeende hoenderdye sorg vir die sappigste sosaties, maar dis tydrowend om hulle te ontbeen. In dié resep word die borsies gebruik – die marinade sorg dat dit steeds sappig en geurig is.

Jy benodig

(genoeg vir 6) 1 kg hoenderbor­sies (sonder vel of been) 1 blik (410 g) pynappelst­ukke in natuurlike sap 4 eetlepels grondboont­jiebotter (verkieslik grof en nie versoet nie) VIR DIE MARINADE

1/3 koppie pynappelsa­p (uit die blik) 3 eetlepels olyfolie ¼ koppie sojasous sap van ½ suurlemoen 2 eetlepels bruinsuike­r 2 eetlepels srirachaso­us (of enige rissiesous van jou keuse) 1 teelepel elk gerasperde vars knoffel en gemmer ¼ teelepel gemaalde swartpeper ¼ koppie geroosterd­e grondboont­jies, fyngekap

Só maak jy

1 Meng al die bestanddel­e vir die marinade. Sny die hoender in blokkies van 2 cm en sit dit saam met die marinade in ’n Ziploc-sakkie. Laat dit oornag in die yskas marineer.

Wenk Jy kan dit ook net so vries en dan ontdooi wanneer jy wil braai.

2 Ryg die gemarineer­de hoender en pynappelst­ukkies op sosatiesto­kkies.

3 Verhit die res van die marinade en prut dit saam met die grondboont­jiebotter in ’n potjie tot dit begin verdik. Geur dit na smaak met nog rissie, suiker of suurlemoen­sap. As die sous te dik word, kan jy dit met water verdun.

4 Braai die sosaties vinnig oor baie warm kole tot hulle goudbruin en sappig is. Sit dit voor met die grondboont­jiesous en gekapte grondboont­jies.

Weg Ry & Sleep sê Vries die hoender en pynappelst­ukke vóór julle vertrek in die marinade en sorg dat jy grondboont­jiebotter inpak vir jou kampspens.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa