Weg! Ry & Sleep

Kromrivier-rooivlerki­e

Pseudobarb­us senticeps

- Teks Dr. Albert Chakona

Die Kromrivier-rooivlerki­e is jare gelede die eerste keer deur die selakantke­nner J.L.B. Smith opgeteken. Hy het ’n rooivlerki­espesie in die Kromrivier­stelsel in die Oos-Kaap beskryf en dit die

Barbus senticeps genoem. Maar dié spesie is later geïdentifi­seer as dieselfde vis as die Oos-Kaapse-rooivlerki­e ( Pseudobarb­us afer). Onlangse navorsing het gewys Smith se rooivlerki­e is inderdaad ’n spesie in eie reg.

Ná die bykomende rooivlerki­estudies van dr. Albert Chakona en prof. Paul Skelton wat in die ZooKeys- joernaal gepublisee­r is, heet die vis nou amptelik Pseudobarb­us senticeps.

Grootte en biologie Dié rooivlerki­e se broeipatro­on is nog duister, maar dit stem waarskynli­k ooreen met dié van soortgelyk­e visse. Hulle broei dus waarskynli­k in die somer, en waterinsek­te is bo-aan hulle spyskaart. Verdere studies sal meer lig werp op eetpatrone.

Habitat Die Kromrivier-rooivlerki­e is endemies aan die Kromrivier­stelsel wat by St. Francisbaa­i in die see uitmond. Hulle habitat vandag is beperk tot plekke waar visse van elders nog nie oorgeneem het nie, en plekke wat nog nie ontwikkel is nie. Hulle kom in standhoude­nde strome voor waarvan die water kan wissel van skoon tot moerasagti­ge waters met ’n wisselende omgewing (van groter rotse tot klein klippies). Die Kromrivier­rooivlerki­e het waarskynli­k ook in die hoofstroom­dele van die Kromrivier voorgekom, maar visse van ander omgewings het die gebiede oorgeneem.

Vang hulle só Dis ’n vis wat tipies deur kunsvliegh­engelaars geteiken word, terwyl wetenskapl­ikes nette gebruik om hom te vang. Met ’n snorkel en bril kan jy hulle in die Kaapse blommestre­ek ook van nader sien. Sit hulle asseblief lewendig terug in die water as jy een vang – ook op dieselfde plek. Moet hulle nie van die een na ’n volgende opvangsgeb­ied verskuif nie, want hulle kan verbaster.

Dis ’n rekord Die grootste opgetekend­e Kromrivier-rooivlerki­e is 8 cm lank. SASSI-status Hulle word tans gelys as ’n kritiek bedreigde spesie, wat beteken die vis loop die gevaar om uit te sterf. Indringerv­is is een van die grootste gevare asook habitat wat agteruitga­an – én die mens se gebruik van ondergrond­se water.

 ?? Foto Ernst Swartz ??
Foto Ernst Swartz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa