30 jaar oud, maar al­tyd nuut

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - PEDRO EN MAGDALEEN NIEMAND P­re­to­ria

Tien uit tien vir die brief van Jo­han Hat­tingh in die Ju­nie­uit­ga­we van WegSleep waar hy vra waar al die ou woon­wa­ens is.

Ons kamp met ’n 1987 Wilk To­paz wat ons met ons 1999mo­del Mer­ce­des-Benz sleep. Al­bei het reeds heel­wat my­le op, maar ons het geen klag­tes nie. Ons het wel die wa meer mo­dern in­ge­rig. Die twee en­kel- bed­dens en hang­bed­dens het plek ge­maak vir ’n ei­land­bed.

Die sit­ka­mer was vol­doen­de, maar ons het al die gas in die kom­buis weg­ge­doen. Ons het ook plek ge­maak vir ’n gro­ter ys­kas, ’n mi­kro­golf­oond én die e­lek­trie­se stoof. Ons het die bad­ka­mer ge­groet en in sy plek het ons nou ’n kle­re­kas met ho­pe pak- en hang­plek.

Aan die bui­te­kant het ek die ag­ter­ven­ster met ’n so­lie­de pa­neel ver­vang en woon­was­kui­wers op die Wilk ge­mon­teer. Ek het ook ’n tru­k­a­me­ra ag­ter by die stert aan­ge­bring. Met dié ver­an­de­rin­ge bly ons ou­er woon­wa ’n nu­wer woon­wa!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.