Ken jy ’n boe­re-‘diff lock’?

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - GERHARD ROOS Wor­ces­ter

Ja­re ge­le­de ry ek ’n berg uit saam met ’n ou oom in sy Toyo­ta 1600-bak­kie. Dis in die Oos-Kaap en ons jag ’n bie­tjie koe­does. Die pad is nat en steil, en die bak­kie het nie vier­wiel­aan­dry­wing nie, wat nog te sê ’n e­we­naar­slot.

So vor­der ons sta­dig met stam­pe en sto­te die berg uit. Die oom hou sy reg­ter­hand op die stuur­wiel met die an­der hand in ’n ste­wi­ge greep op die hand­rem. Hier en daar trek hy die rem op en gee dan weer skiet, en vin­nig sien ek die ak­sies vorm al­les ’n pa­troon. Net soos die bak­kie be­gin suk­kel, trek hy die hand­rem ’n bie­tjie op; en dit maak vir my op die oom­blik nie sin nie.

Toe ons bo kom, brand ek om meer van hier­die hand­rem­ry­e­ry uit te vind. Ek vra toe en hy ant­woord dood­kalm: “Maar ken jy nie ’n boe­re- diff lock nie?”

En skie­lik maak al­les vir my sin...

Van­dag ry ek ’n ou 1998 Toyo­ta Pra­do 90, ook son­der ’n e­we­naar­slot, maar hy het ’n boe­re- diff lock wat my al uit die moei­lik­heid ge­help het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.