4x4-ei­e­naars help graag

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - JA­PIE EN NORA KRU­GER Strand

Ons het on­langs die K­gala­ga­di-oor­grens­park met ons be­skeie ry­huis be­soek.

Die ry­huis is ge­bou op die on­der­stel van ’n Toyo­ta S­tal­li­on, en daar­om is dit ui­ter­aard nie ’n vier­trek­voer­tuig nie. Ons was maar skrik­ke­rig vir van die sand­ge­deel­tes tus­sen Twee Ri­vie­ren en Ma­ta-Ma­ta. Hoe­wel ons al vroe­ër ja­re son­der pro­ble­me hier deur is, is die sand dié slag net te dik en los, en ons val vas.

’n Man kom in sy nu­we Toyo­ta Pra­do aan­ge­ry en hou stil. Ek kan on­ge­luk­kig nie sy van ont­hou nie, maar sy naam was De­on, en hy bied da­de­lik hulp aan. Trou­ens, ’n ent­jie ver­der moes hy wéér hand by­sit toe ons nog­maals vas­val. Dan­kie aan De­on en van die an­der 4x4-ou­ens wat al­mal ge­help het.

Hier is ons raad aan men­se wat die K­gala­ga­di-oor­grens­park met ’n voer­tuig soos ons s’n wil be­soek: Gaan be­slis, want daar is baie be­soe­kers met 4x4’s wat graag help – nog­maals dan­kie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.