Skol­lie en die wa­ter­man

Weg! Ry & Sleep - - REDAKTEURSBRIEF BOOK SECTION - F­LIP MA­RAIS Be­no­ni

Ek, my vrou, Trudie, en ons vrien­de Hof­fie en San­tie Hoff­man is pas te­rug van ’n on­ver­geet­li­ke tyd in die Ba­vi­aans­kloof.

Ons eer­ste bly­plek was by die Bo­kloof-gasteplaas waar ’n mens die kloof te voet kan ver­ken. Skol­lie, die plaas­hond, is jou “gids”, want hy stap al die pad saam. (Vol­gens A­ni­na Be­zui­den­hout van Bo­kloof was Skol­lie se ma ’n Aus­tra­lie­se skaap­hond, maar die pa se oor­sprong is duis­ter.)

Na­dat ek die fo­to’s by die huis af­ge­laai het, sien ek iets wat ons nie in die kloof op­ge­merk het nie. Op een kol neem ek Trudie tus­sen groot rot­se af waar wa­ter deur een van die wan­de sy­pel. Die wa­ter­vlek lyk net soos die bui­te­ly­ne van ’n ou man wat met ’n kie­rie staan.

As men­se hier­langs kom en ook in die kloof kom stap saam met Skol­lie, bring vir hom ’n hap­pie saam. Hy ge­niet dit om saam te eet, al is hy met 13 so­mers ag­ter die rug nie meer van­dag se kind nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.