VATSO, TIERVIS!

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - ALAN TERRY Lei­su­re Bay

Ons het Zam­bië vier jaar ge­le­de be­soek toe ons op ’n tier­vis­hen­ge­leks­pe­di­sie was. Op ’n kol moes ons die Ba­rot­se-vloed­vlak­te oor­steek en by een punt deur ’n mod­der­poel ry.

Ter­wyl ons die wa­ter bin­ne­ry, neem ek fo­to’s met my sel­foon by die ruit uit. Op die een fo­to spring ’n klein tiervis so­waar uit die wa­ter soos hy koes vir ons. Dit was ’n pu­re ge­luk­skoot, maar ’n fo­to waar­na ons kort-kort ver­wys op al ons hen­gel­uit­stap­pies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.