Hier­mee het ons ge­sleep

Weg! Ry & Sleep - - KAMPBESTEMMING | LIMPOPO -

Hyun­dai C­re­ta 1.6 Exe­cu­ti­ve (die­sel, ou­to­ma­ties)

Hier­die mo­tor is nom­mer­pas vir ’n paar­tjie wat met ’n klein wa die land vol wil reis. In dié ge­val het ons die klein Pe­ri-Pe­ri van Aloe Ca­ra­vans ge­sleep (waar­voor jy nie ’n EB-ry­be­wys no­dig het nie).

Die C­re­ta is ’n be­kwa­me sleep­voer­tuig, maar ’n mens moet sy rat­kas ver­kies­lik nie in die ou­to­ma­tie­se mo­dus hou nie. Hy is veels te haas­tig om hom in ses­de te kry en daar te hou. Ska­kel eer­der oor na hand­rat en sleep in vyf­de. Sa­ke ver­loop dan moei­te­loos en ’n mens steek sta­di­ger ver­keer mak­lik ver­by.

Bin­ne is hy ruim ge­noeg vir vyf vol­was­se­nes. Die groot raak­skerm het sa­tel­liet­na­vi­ga­sie as­ook die skerm vir die tru­k­a­me­ra en par­keer­sen­sors.

Die C­re­ta se grond­vry­hoog­te (190 mm) het ge­help om van Limpopo se uit­da­gen­de grond­paaie mak­lik baas te raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.