Raak warm

Weg! Ry & Sleep - - KAMPKOS -

Maak hier­die sop as jy laat by jou be­stem­ming aan­kom en net vin­nig iets warms wil eet.

Jy be­no­dig

(ge­noeg vir 4) 4 eet­le­pels bot­ter 4 kas­sler­ste­aks, in blok­kies ge­sny 1 ui, ge­kap 1 groot wor­tel, ge­skil en fyn­ge­kap 2 sel­de­ry­s­tok­kies, fyn­ge­kap 2 blik­kies (410 g elk) bot­terof can­nel­li­ni­bo­ne, ge­drei­neer 1 li­ter hoen­der­af­trek­sel sout en swart­pe­per na smaak vars pie­ter­sie­lie om voor te sit vars brood om voor te sit

Só maak jy

1 Ver­hit die helf­te van die bot­ter en braai die kas­sler­blok­kies tot gaar en bros. Skep die vleis­blok­kies uit en gooi die ui, wor­tel en sel­de­ry in die­self­de ka­strol met die res van die bot­ter. Roer­braai die groen­te tot sag. 2 Voeg die bo­ne, af­trek­sel en vleis­blok­kies by, roer al­les goed deur en laat die sop vir 15 mi­nu­te prut. 3 Druk van die sop met ’n vurk of die ag­ter­kant van ’n hout­le­pel fyn en geur dit na smaak met sout en pe­per. S­prin­kel pie­ter­sie­lie oor die sop en sit dit voor met lek­ker vars brood.

Weg Ry & Sleep sê Die kas­sler kan jy ver­vang met ’n pak­kie dik­ge­sny­de spek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.