ORANJEMUND

Nou­dat Oranjemund nie meer per­mit­te vir be­soe­kers ver­eis nie, is dié dorp ’n fan­tas­tie­se poort tot Na­mi­bië. En daar is boon­op dui­ne waar­in jy kan speel.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - Teks en foto’s E­van Nau­dé

Die tra­di­si­o­ne­le roe­te na die sui­de van Na­mi­bië van­uit die Kaap is met die N7 langs, deur S­pring­bok in die Noord-Kaap reg­uit tot by die Vi­ools­drif-grens­pos. An­der­kant die grens is die B1 jou vin­nig­ste roe­te tot by Keet­mans­hoop, Ma­rien­tal en uit­ein­de­lik Wind­hoek.

Jy kan ook in ’n jap­trap ge­wil­de be­stem­mings soos Ai-Ais en die Vis­ri­vier­ca­nyon van dié hoof­pad af be­reik, maar wat van die ge­bied wes van die C13-pad an­der­kant die Vis­ri­vier? Wat is daar te sien? As jy hier­die deel wil be­soek, gaan dit jou im­mers ek­stra ry­tyd kos en jy sal ie­wers moet oor­slaap. Vir die deur­snee-rei­si­ger op va­kan­sie was dit voor­heen ’n kop­seer, want jou keu­ses is Rosh Pi­nah óf Oranjemund, wat van­weë die S­per­rge­biet be­soe­ker­sper­mit­te vir bui­te­men­se ver­eis het.

Twee on­lang­se ont­wik­ke­lings maak die suid­wes­te­li­ke hoe­kie van Nam­bië nou veel aan­lok­li­ker: ’n nuwe teer­pad van Rosh Pi­nah af tot by Aus, en die feit dat Oranjemund nou oop is vir be­soe­kers. Wat meer is, daar is ’n nuwe 4x4-be­stem­ming in die vorm van ’n dui­ne­veld bui­te die dorp. En aan­ge­sien jy die be­kend­ste di­a­mant­dorp in die land gaan be­soek, wat van ’n draai deur ’n paar van die Di­a­mant­kus se an­der dor­pies suid van die grens? >

Kuslangs grens toe

Pleks daar­van om Vi­ools­drif toe te mik spring uit S­pring­bok eer­der met die R355 weg en ry 100 km wes­waarts in die rig­ting van K­lein­zee. So­wat 5 km voor jy dié di­a­mant­dor­pie be­reik, draai jy af op die grond­pad na Port Nol­loth en skiet noord­waarts met die see aan jou lin­ker­kant. Dit is die moei­te werd om ’n draai te maak op K­lein­zee voor jy ver­der reis, al is dit net om ’n voor­smaak te kry van hoe die le­we in hier­die stuk­kie kus­lyn is. As jy ’n ek­stra hal­we dag tyd het, kan jy die 37 km lan­ge S­keeps­wrak-4x4-toer teen die kus tus­sen Koing­naas en K­lein­zee saam met ’n gids gaan ry én ’n draai maak by die wrak­ke van die Aro­sa, Pi­ra­tiny en Bor­der. Be­spreek min­stens drie dae voor­uit deur Rod­vil­le A­dams by 076 642 0868 te bel.

As jy nie te veel ge­jaag het nie, be­hoort jy skuins voor mid­dag­e­te op Port Nol­loth aan te kom, net be­tyds vir ’n heer­li­ke bord see­kos voor jy ver­der ry. Maar daar is nog iets op die dorp wat jy nie moet mis­loop nie, en dit is ’n be­soek aan die mu­seum. Hier kry jy ’n be­hoor­li­ke in­sig in die di­a­mant­be­dryf en die le­we van die del­wers en dui­kers wat die blink klip­pies uit­ge­haal het. Maak se­ker jy knoop ’n ge­sel­sie aan met Ge­or­ge Moy­ses, ’n bo­na fi­de­di­a­mant­dui­ker wat jou die een in­te­res­san­te sto­rie ná die an­der oor die dorp en sy men­se kan ver­tel.

Van Port Nol­loth af is dit 84 km met die R382 tot op A­lex­an­der­baai. Teen dié tyd kan jy Na­mi­bië al an­der­kant die Oran­je­ri­vier sien, maar voor jy die grens oor­steek, gaan maak ’n draai by die ri­vier­mon­ding. Dis nie al­dag dat jy op die héél noor­de­lik­ste punt van die Wes­kus – reg in die hoe­kie van die land – kan staan nie.

As jy nie te veel ge­jaag het nie, be­hoort jy skuins voor mid­dag­e­te op Port Nol­loth aan te kom, net be­tyds vir ’n heer­li­ke bord see­kos voor jy ver­der ry.

’n Oa­se in die woes­tyn

Die grens­pos tus­sen A­lex­an­der­baai en Oranjemund is só klein en stil dat jy dit eint­lik ’n ge­heim wil hou. Na­dat jy jou pas­poort­stem­pel aan die Suid-A­fri­kaan­se kant van die grens ge­kry het, ry jy oor die ri­vier met die Er­nest Op­pen­hei­mer-brug en kry jou Na­mi­bie­se stem­pel aan die oor­kant. An­der­kant die grens­pos vat jy die eer­ste links-af­draai en ry deur die hek­ke waar jy vroe­ër ja­re ’n be­soe­ker­sper­mit sou no­dig hê om Oranjemund te be­soek. Van hier af is dit 6 km tot op die dorp.

Voor jy die dorp bin­ne­ry, sal jy pad­te­kens sien wat waar­sku jy moet jou oë oop­hou vir gems­bok­ke, en dalk sien jy ook ’n paar van hier­die Na­mi­bie­se i­ko­ne

langs die pad. Wat ’n mens nié ver­wag nie, is dat dié die­re ook ewe ge­mak­lik en kom­mer­loos in die dorp se stra­te rond­wan­del. ’n Mens kan hul­le nie eint­lik kwa­lik neem nie, want Oranjemund is ’n oa­se in die woes­tyn. ’n Mens merk da­de­lik op hoe we­lig groen die dorp se plan­te­groei is en hoe baie groot koel­te­bo­me op die sy­paad­jies staan, iets wat jy nie al­dag in Na­mi­bie­se dor­pies sien nie. Dit is na­tuur­lik om­dat die ri­vier so na­by is én dank­sy die dorps­be­stuur van die myn­maat­skap­py Nam­deb. Jy kan mak­lik ’n paar dae in die dorp deur­bring en na die in­wo­ners se sto­ries luis­ter oor die le­we in ’n plek wat de­ka­des lank op sy eie trant ont­wik­kel het. Hier is on­der meer ’n lief­li­ke o­pen­ba­re swem­bad, ’n klei­duif­skiet­klub en ’n spog-gholf­baan. Maar daar is nog iets waar­voor ’n 4x4-en­toe­si­as dank­baar kan wees nou­dat die dorp se deu­re vir die bui­te­wê­reld oop is: Jy kan nou ’n draai gaan ry in ’n strook dui­ne heel aan die on­der­ste punt­jie van die Na­mibwoes­tyn.

“Hier­die is steeds ’n kon­ses­sie­ge­bied waar­voor jy toe­stem­ming no­dig het om dit te be­soek,” ver­dui­de­lik Fa­nie S­mit, een van die o­pe­ra­teurs wat dag­uit­stap­pies in die dui­ne so­wat 6 km bui­te die dorp aan­bied. Die Oranjemund Off Ro­ad-klub is die or­ga­ni­sa­sie wat toe­stem­ming het om in ’n se­ke­re deel van die dui­ne be­ge­lei­de uit­stap­pies aan te bied. “En ou maat, in hier­die dui­ne moet jy jou sto­rie ken,” sê hy. “As die sand sag is, moet jy jou ha­re vas­hou, want hy gaan vir jou rond­gooi.”

Dié dui­ne­ge­bied is ’n klei­ner weer­ga­we van wat jy ver­der noord in die Na­mib sal aan­tref – dus ’n puik oe­fen­plek vir die a­ma­teur én ’n lek­ker speel­plek vir er­va­re be­stuur­ders. Dis ’n meng­sel van steil op­draan­des, fyn draai­tjies om be­drieg­li­ke gaat­jies en selfs ’n hand­jie vol slip fa­ces om jou a­dre­na­lien aan te jaag. Tus­sen­in is daar ’n paar mooi uit­sig­te oor die woes­tyn, die ri­vier en Oranjemund. Jy kan selfs re­ël dat jy ag­ter­na tus­sen die dui­ne braai. Daar is im­mers nie ’n mooi­er plek vir ’n ske­mer­kel­kie as bo-op ’n duin nie. >

Ann en Kal­lie van den Berg van Mil­ner­ton gaan eers ’n draai in E­tosha maak voor hul­le huis­waarts keer. Hul­le het by die Oranjemund Ri­ding Club ge­kamp. Ons het heer­lik ge­kamp. Dis vei­lig en skoon met or­dent­li­ke stor­te, wat ver­al lek­ker is as jy van die Kaap af kom waar stort eint­lik ’n luuk­se is.

Met ri­vie­re langs noor­de toe

Een­dag sal die kus­pad tus­sen Oranjemund en L­ü­de­ritz dalk oop­ge­maak word, maar tot tyd en wyl moet jy 92 km noord­oos langs die Oran­je­ri­vier se kron­kels bin­ne­land toe ry voor jy jou reis ver­der noord­waarts kan voort­sit. By die aan­slui­ting met die C13, dees­dae ’n net­jie­se teer­pad, kan jy noord draai en oor Rosh Pi­nah tot op Aus ry. Hier kom jy weer by ’n kruis­pad: wes lê L­ü­de­ritz, noor­de toe is Ses­riem en as jy oos mik, neem die pad jou Keet­mans toe. Dis soos ’n spys­kaart van Na­mi­bie­se va­kan­sies.

As jy eg­ter die C13 noord­waarts ig­no­reer en langs die Oran­je­ri­vier aan­hou, neem die pad jou ver­by die Sen­de­lings­drif-grens­pos en suid­oos­waarts deur die Na­mi­bie­se deel van die Ai-Ais-Rich­ters­veld-oor­grens­park. S­ta­dig maar se­ker be­gin die land­skap rond­om jou ho­ër raak... en kort voor lank word die pad om­ring deur die i­ko­nie­se pas­tel­kleu­ri­ge klip­ber­ge van die Rich­ters­veld. Plek-plek loop die grond­pad só dig­by die Oran­je­ri­vier dat jy dalk ’n reu­se-vis­van­ger bo die wa­ter sal sien sweef as jy mooi kyk. Óf jy hoor dalk die roep van ’n vis­a­rend deur jou rui­te.

So­wat 43 km van Sen­de­lings­drif af steek jy die Vis­ri­vier oor, en 32 km an­der­kant die ri­vier be­reik jy die Aus­sen­kehr­hek van die park. Jy kan aan­hou met die pad en 8 km ver­der links draai op die C37 wat Ai-Ais toe loop, maar daar is ’n kort­pad wat be­slis die moei­te werd is. Wees op die uit­kyk vir ’n af­draai na links so­wat 500 m ná die Aus­sen­kehr-hek; dié paad­jie volg die droë loop van die Gam­cha­b­ri­vier vir 12 km voor dit ook by die C37 aan­sluit.

Die plat loop van die ri­vier word al­kan­te deur dra­ma­tie­se hoë klip­kran­se be­ge­lei – só hoog dat jy jou nek by die ruit moet uit­knak as jy die bo­punt wil sien. Dit is een van hoe­veel plek­ke in Na­mi­bië waar die land­skap jou mens­li­ke nie­tig­heid be­klem­toon. Dis ook ’n lek­ker plek vir ’n piek­niek­stop – soek ’n ska­du­kol on­der een van die kran­se.

A­fri­ka se groot­ste ca­nyon

Ai-Ais is al baie ja­re ’n ge­wil­de va­kan­sie­be­stem­ming vir Suid-A­fri­ka­ners, ver­al dank­sy die lig­ging op die oe­wer van die Vis­ri­vier. Hier is ook ’n warm­wa­ter­bron, ’n groot bui­teswem­bad en ho­pe spa­sie waar die klein­span kan bal­jaar. >

Plek-plek loop die grond­pad só dig­by die Oran­je­ri­vier dat jy dalk ’n reu­se-vis­van­ger bo die wa­ter sal sien sweef as jy mooi kyk.

Hou dít in ge­dag­te as jy be­plan om in ’n skool­va­kan­sie hier­heen te reis.

Ai-Ais is ook die eind­punt van die be­ken­de Vis­ri­vier­ca­nyon-stap­roe­te, en wan­neer jy hier kamp, is die kans goed dat jy ’n paar nat­ge­swe­te, stof­be­dek­te stap­pers uit die kloof sal sien kom. (Soos An­na­mi Mai­lo­vich – lees haar sto­rie op bl. 136. – Red.) Die roe­te van 85 km neem stap­pers vyf dae om te vol­tooi, maar as jy vroeg ge­noeg van Ai-Ais af in jou voer­tuig weg­spring, kan jy teen son­op by die roe­te se be­gin­punt, Ho­bas, wees.

Ho­bas is die uit­kyk­punt oor die mees dra­ma­tie­se deel van die ca­nyon, en as jy hier staan, is dit as­of jy voor jou gees­tes­oog die co­w­boys uit ou We­stern-flieks on­der­in die val­lei kan sien. En as jy sien hoe die dag se eer­ste lig die kran­se s­ta­dig maar se­ker ver­kleur, kan jy A­fri­ka se groot­ste ca­nyon van jou em­mer­skop­ly­sie af­merk.

Van Ho­bas af moet jy be­sluit hoe­veel va­kan­sie jy oor het, want die pad na Na­mi­bië se noor­de is nog lank en prop­vol ju­weel­be­stem­mings. Maar as jy huis toe moet mik, is dit ten min­ste met die we­te dat jou bak­kie ’n paar nuwe sand­kor­rels uit ’n weg­ge­steek­te dor­pie in die hoe­kie van die land on­der sy wiele ge­had het.

As jy sien hoe die dag se eer­ste lig die kran­se s­ta­dig maar se­ker ver­kleur, kan jy A­fri­ka se groot­ste ca­nyon van jou em­mer­skop­ly­sie af­merk.

DEUR DIAMANTDORPIES Die R355 tus­sen S­pring­bok en K­lein­zee neem jou oor die S­pek­ta­kel­pas (bo en on­der) tot dig­by die kus­dorp K­lein­zee. So­wat 5 km voor die dorp swenk ’n grond­pad noord­waarts (links on­der) wat jou tot op Port Nol­loth neem. Port Nol­loth (mid­del links en regs on­der) is die groot­ste van die diamantdorpies in hier­die deel van die kus­lyn en is net die plek vir ’n lek­ker bord vis-en-tjips voor jy vir die grens mik.

KAMP LANGS DIE VIS­RI­VIER Ai-Ais is een van die ge­wild­ste kamp­plek­ke in Na­mi­bië te dan­ke aan die lig­ging op die oe­wer van die Vis­ri­vier. Hier is ook ’n paar an­der luuks­he­de soos swem­bad­dens, ’n re­stau­rant en ’n vul­sta­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.