BRIEWE

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - BILLY EN ESTELLE FOURIE G­rey­town >

On­langs het ons die voor­reg ge­had om die K­gala­ga­di-oor­grens­park vir 15 won­der­li­ke dae te be­soek. Maar die te­ë­spoed het ons ge­tref en ons wil graag die kamp­be­stuur­der van Nos­sob, Ja­co Fi­lan­der, en die per­so­neel­le­de Les­ley en S­te­van S­trauss, Jackie Ti­tus en E­van Bok be­dank – ook die an­der men­se wie se na­me ons nie ken nie.

Ons voer­tuig se aan­sit­ter het by die Cu­bitje Qu­ap-wa­ter­gat, ver van al­les af, die gees ge­gee. Ons het dit skaars twee jaar ge­le­de ver­vang en was baie ver­baas dat dit weer moei­lik­heid gee.

Met die hulp van ons seuns tuis kon ons ’n nuwe aan­sit­ter op U­ping­ton op­spoor. Ons hoor toe by Ja­co of hy dalk weet van ie­mand wat toe­val­lig op pad te­rug is van U­ping­ton af dié­kant toe. Van Ja­co-hul­le se per­so­neel het ’n kon­fe­ren­sie op die dorp by­ge­woon en sou die vol­gen­de dag te­rug­keer. Ja­co bied da­de­lik hulp aan en re­ël dat die on­der­deel af­ge­haal word.

Ons moes die vol­gen­de dag die kamp ont­ruim – die­self­de dag as wat die on­der­deel by Nos­sob op­daag. Van die per­so­neel het selfs ge­help om die on­klaar aan­sit­ter te ver­vang, en teen 10 vm. was ons ge­reed om na Ma­ta Ma­ta te ver­trek.

Ja­co en sy men­se het uit hul­le pad ge­gaan om te help en ons is hul­le e­wig dank­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.