MIC SE RUBRIEK

Hy raai ei­e­naars van tur­bo­die­sels aan om hul­le en­jin se fil­tre­ring­stel­sel van die in­laattuit reg­deur tot by die spruit­pyp na te gaan, sê Mic van Zyl.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - Mic van Zyl is di­rek­teur van Iron­man 4x4 A­fri­ca, die eks­klu­sie­we in­voer­der en ver­sprei­der van die vol­le­di­ge reeks Iron­man 4x4-pro­duk­te. i­ron­man4x4.co.za

Daar is se­ker­lik ê­rens in die wê­reld ’n te­kort aan ei­ers, om­dat hul­le in hier­die sta­di­um waar­skyn­lik al­mal teen Toyo­ta se mu­re be­land het. Dit is on­ge­luk­kig die werk­lik­heid wan­neer iets skeef loop vir ’n ver­vaar­di­ger met ’n re­pu­ta­sie vir be­trou­baar­heid. Men­se, en ver­al die­ge­ne wat nou maar net nie van die han­dels­naam hou nie, is vin­nig om e­ni­ge klein pro­bleem on­der die ver­groot­glas te plaas.

As jy hier­die rubriek ge­reeld lees, sal jy weet hoe ek oor Toyo­ta voel. Ek sal nie mak­lik iets anders koop met my eie geld nie. Ek is ver­sot op die Hi­lux – sy en­jin, rat­kas, hoe hy lyk, die on­be­twis­te be­trou­aar­heid en die po­ten­si­ë­le her­ver­koop­waar­de is myns in­siens on­ver­be­ter­lik.

Daar is eg­ter ’n keer­sy van die munt. Hy ry nie ge­mak­lik nie en daar is heel­te­mal te min luuks­he­de wat stan­daard is. Daar­om is my werk­bak­kie ’n Ford Ran­ger Wild­trak. Dis ’n won­der­li­ke trok­kie vol luuks­he­de en hy sorg vir ’n heer­li­ke rit. Die en­jin is wel ef­fe grof en die rat­kas voel of hy uit die ja­re se­wen­tig da­teer. Ek weet ook ek gaan nie baie vir hom kry wan­neer ek hom oor drie jaar moet ver­vang nie, maar dis ’n maat­skap­py­mo­tor; dus kan ek my skou­ers op­trek.

Hy het maar 33 000 km op die klok, maar ek moes hom al ’n keer of wat na Ford toe te­rug­neem om­dat daar fout is met ’n sen­sor. Om­dat ek voor­heen net met Toyo­tas ge­ry het, is dit ’n nuwe er­va­ring vir my om só te suk­kel met ’n nuwe voer­tuig.

EK IS BEVREES die kri­tiek teen Toyo­ta het dié slag me­rie­te, want dit wil voor­kom of ’n aan­tal Hi­lux’e, For­tu­ners en Pra­do’s pro­ble­me het met s­tof wat die lug­fil­ter­boks bin­ne­dring.

Dit lyk of die lug­fil­ter­boks ver­vorm, en dit laat on­ge­fil­treer­de lug toe om ver­by die fil­ter tot in die en­jin te vloei. As dié lug skoon is, is dit nie ’n pro­bleem nie, maar as jy in ’n stow­we­ri­ge kon­vooi op ’n grond­pad ry, is die kans goed dat jou ry­ding se lug­in­laat ’n sterk do­sis s­tof in­suig. As die lug­fil­ter nie hier­die s­tof keer nie, gaan dit reg­uit na jou en­jin toe.

S­tof is ’n har­de ma­te­ri­aal, en wan­neer dit met o­lie en brand­stof­gas­se meng, vorm dit ’n soort skuur­pas­ta wat tot vroeë en­jin­sly­ta­sie lei.

Die mees­te die­se­l­aan­ge­dre­we 4x4-voer­tuie het tur­bo­aan­ja­ers en hul­le is die groot­ste slag­of­fers van s­tof wat die en­jin bin­ne­dring. Tur­bo-ro­tor­blaaie kan teen tot 250 000 r.p.m. draai – teen dié spoed kan mi­kos­ko­pie­se stof­deel­tjies groot ska­de aan­rig aan die ma­te­ri­aal waar­van die ro­tor­blad ver­vaar­dig is. Met­ter­tyd ver­weer die blaaie in só ’n ma­te dat daar ’n af­na­me in die tur­bo se werk­ver­rig­ting is. In ui­ter­ste ge­val­le kan ver­weer­de ro­tor­blaaie daar­toe lei dat die be­sig­heid van ba­lans af raak. Die na­ge­vol­ge kan ka­ta­stro­fies wees, met jou tur­bo­aan­ja­er wat ge­heel en al on­klaar raak.

DIE LUGINLAATSTELSEL in baie mo­der­ne voer­tuie is met e­lek­tro­nie­se sen­sors toe­ge­rus wat in­lig­ting soos die lug­tem­pe­ra­tuur en spoed aan die mo­tor se blik­brein deur­gee. As hier­die sen­sors met s­tof be­dek word, kan dit ver­keer­de in­lig­ting weer­gee, en dit kan ver­oor­saak dat die mo­tor oor­ska­kel na die “limp”-mo­dus.

Dis nie ’n al­ge­me­ne pro­bleem nie en dit raak nie al­le Toyo­tas nie. Maar dit kan e­ni­ge voer­tuig raak. Ek raai ei­e­naars van tur­bo­die­sels aan om hul­le en­jin se fil­tre­ring­stel­sel van die in­laattuit reg­deur tot by die spruit­pyp na te gaan. Maak se­ker die fil­ter is skoon en dat die om­hul­sel be­hoor­lik se­ël. Kyk ook vir e­ni­ge ska­de en let ver­al op lek­plek­ke. Dit be­te­ken ge­woon­lik pro­ble­me.

’n Baie goeie voor­ko­men­de stap is om die punt waar­van die lug in­ge­laat word te ver­skuif van die en­jin of stow­we­ri­ge wiel­boog. Dit doen ’n mens met ’n snor­kel van ’n goeie ge­hal­te. Skoon, koel lug is stuk­ke be­ter as warm, stow­we­ri­ge lug... selfs al werk jou ry­ding se fil­tre­ring­stel­sel per­fek.

Die mees­te die­se­l­aan­ge­dre­we 4x4-voer­tuie het tur­bo­aan­ja­ers en hul­le is die groot­ste slag­of­fers van s­tof wat die en­jin bin­ne­dring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.