RY-INDRUK

Su­ba­ru is be­kend vir sy spor­tie­we rygoed, maar ver­staan ook die be­hoef­tes van ’n ge­sin. Die ont­rim­pel­de Out­back is net so ruim en be­kwaam as te­vo­re, maar nou ook vei­li­ger, sê Ky­le Kock.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

Be­proef al­les en be­hou die goeie – dít be­hoort Su­ba­ru se leu­se te wees. ’n Paar jaar ge­le­de het die ver­vaar­di­ger met die­sel­en­jins ge­ëks­pe­ri­men­teer en ’n 2 ℓ-tur­bo­aan­ge­jaag­de o­lie­bran­der ge­skep. Nou, in 2018, het Su­ba­ru daai die­sel­en­jin on­der sy jis ge­skop en be­sluit om voort­aan net met pe­trol­en­jins ver­der te boer.

Dit be­te­ken jy kan nou ’n Out­back met een van net twee en­jins kies: ’n 2,5 ℓ-vier­sin­lin­der­bok­ser­en­jin of die vlag­skip­mo­del se 3,6 ℓ-ses­si­lin­der­bok­ser. Ons het laas­ge­noem­de ’n week lank in die Kaap­se win­ter be­stuur om te sien waar dié Su­ba­ru ver­be­ter is.

Nuwe neus

Nes met e­ni­ge ont­rim­pe­ling is die sig­baar­ste ver­an­de­ring na­tuur­lik die neus. Su­ba­ru het be­sluit om sy ken­mer­ken­de groot­oog-hoof­lig­te te ver­vang met ’n slan­ke ont­werp. Die ou sier­roos­ter het ook die trek­pas ge­kry, en in sy plek is daar ’n def­ti­ge ses­kan­ti­ge lug­gat. Die chroom­staaf wat deur die mid­del van die sier­roos­ter sny, hou die ken­mer­ken­de Su­ba­ru-ken­te­ken met trots om­hoog.

Van die kant af is geen dras­tie­se ver­an­de­rings te be­speur nie, be­hal­we dat die wiel­vel­lings nuut is. Ag­ter­langs is dit dui­de­lik dat die lig­te ge­mo­der­ni­seer is en dat die ou chroom­stro­kie oor die ag­ter­klap se knip nou ver­wy­der is. In­te­res­sant ge­noeg is daar wei­nig sig­ba­re ver­skil­le tus­sen die top- en ba­sis­mo­del. Al­bei mo­del­le het plas­tiek­pa­ne­le on­der­langs wat die bak­werk be­skerm teen gruis wat op­skiet.

Ou­to­maat of ou­to­kraat?

As jy die soort mens is wat nie al­bei be­ne wil ge­bruik om jou kar te ry nie en boon­op ver­kies dat jou mo­tor die on­be­nul­li­ge ta­kies uit­sor­teer son­der om jou daar­mee te be­moei, gaan jy som­mer baie van die Out­back hou.

Van die oom­blik dat jy na­der stap en sien hoe on­ge­ërg dié Su­ba­ru staan en wag, tot­dat jy deur die oop­maak son­der om ’n sleu­tel te ge­bruik, is daar geen trom­pet­ge­skal nie.

G­lip hout­ge­rus ag­ter die stuur­wiel in en ge­niet die ge­mak­li­ke leer­be­kleed­sel waar­van die rug­le­ning, heup­kus­sings en hoog­te e­lek­tries ver­stel kan word. Jy kan selfs die ag­ter­klap met ’n knop­pie oop- en toe­maak. Waar­om uit­klim om jou kin­ders te help om hul­le tas­se in die ba­ga­sie­bak te laai as jou mo­tor dit vir jou kan doen? Daar’s ook ’n knop­pie wat die in­stru­men­ta­sie se be­lig­ting demp so­dat hul­le nie jou oë moeg maak nie. En die blin­de­kol­mo­ni­tors hou die voer­tuig in die baan langs jou­ne dop so­dat jy nie jou kop hoef te draai nie.

Die le­we in ’n Out­back is só ge­mak­lik dat ’n mens am­per ag­ter die stuur aan die slaap raak. Ge­luk­kig is daar sen­sors wat jou help om in jou baan te bly en jou teen moont­li­ke bot­sings waar­sku. Én hy het sta­bi­li­teits­be­heer.

Op die mid­del­kon­so­le is ’n lek­ker groot 7”-raak­skerm waar­op jy die stand van sa­ke met be­trek­king tot jou Out­back soos ’n baas kan mo­ni­tor.

Daar’s ’n TomTom-sa­tel­liet­na­vi­ga­sie­stel­sel, ra­dio en me­di­a­spe­ler. Daar’s ook Ap­ple CarPlay en An­droid Au­to so­dat jy jou guns­te­ling-apps op jou slim­foon deur die raak­skerm kan ge­bruik. Mu­siek stroom by 11 Har­mon Kar­don­luid­spre­kers en ’n klank­ver­ster­ker plus ’n la­e­bas­luid­spre­ker uit.

Bin­ne­langs is die Out­back lek­ker ruim. Al­bei kan­te van die pas­sa­siers­bank het I­so­fix-an­ker­pun­te vir kin­der­sit­plek­ke so­dat die klein­tjies vei­lig is. Met die ag­ter­klap om­hoog het jy 512 ℓ pak­plek in die ba­ga­sie­ruim.

Jy kan dit selfs ver­hoog tot 1 801 ℓ as jy die ag­ter­bank weg­vou en plat­slaan.

Lek­ker soos ’n trek­ker

Hier­die kar het ’n beer van ’n en­jin, maar dis brood­no­dig, want die Out­back is nie ’n klein mo­tor­tjie nie. Die 3,6 ℓ-en­jin s­kop 115 Nm méér uit as die 2,5 ℓ-ba­sis­mo­del en jy is deeg­lik be­wus daar­van wan­neer jy ver­snel. Heel­par­ty mo­tor­skry­wers kla oor pal­wis­sel­rat­kas­te (CVT) om­dat dit glo mo­tors lui laat voel, maar dié en­jin-en-rat­kas­kom­bi­na­sie pas by­me­kaar. Die 191 kW krag is oor­bo­dig is vir ’n ge­sins­voer­tuig, maar ten min­ste kan jy ’n vrag­mo­tor teen ’n op­draan­de in ’n jap­trap ver­by­steek.

On­ge­luk­kig kom dié werk­ver­rig­ting teen ’n prys, want as jy ’n Out­back as ’n stads­voer­tuig gaan ge­bruik, gaan hy jou straf by die vul­sta­sie. Ná ’n week in spits­ver­keer het ons ’n ge­mid­deld van 12,78 ℓ/100 km ge­haal. Op die oop­pad kon ons dit da­rem af­bring tot 10,45 ℓ/100 km.

Moet jy een kry?

As jy ’n ry­ding soek wat jou kin­ders en skoon­ma – én al hul­le ba­ga­sie – moei­te­loos in­sluk, dan is die Out­back nom­mer­pas. Hy’s ver­al ge­skik vir va­kan­sie­rei­se wat sleg­te grond­paaie in­sluit.

Dis ook goed dat hy ver­koop word met ’n ver­leng­ba­re diens­plan en dat daar ’n in­druk­wek­ken­de hoe­veel­heid vei­lig­heid­stel­sels in­ge­bou is. Jy kan die Su­ba­ru Out­back ge­rus oor­weeg, ten spy­te van ’n te­kort­ko­ming hier en daar.

Su­ba­ru Out­back

AL­LES BIN­NE RAAKAFSTAND. Op die mid­del­kon­so­le is ’n lek­ker groot 7”-raak­skerm waar­op jy die stand van sa­ke met be­trek­king tot jou Out­back soos ’n baas kan mo­ni­tor. Daar’s ’n TomTom-sa­tel­liet­na­vi­ga­sie­stel­sel, ra­dio en me­di­a­spe­ler. Daar’s ook Ap­ple CarPlay en An­droid Au­to so­dat jy jou guns­te­ling-apps op jou slim­foon deur die raak­skerm kan ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.