JOU FOTO

Ons ge­sels oor drie leser­fo­to’s waar een pra­goom­blik vir e­wig vas­ge­vang is.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - Deur Le­on Bo­tha

Blik van bin­ne

Die fo­to­gra­fie­g­og­ga het De­si­ré S­mith van Kru­gers­dorp be­hoor­lik ge­byt. Na­dat sy haar eer­ste foto’s met haar man, An­dré, se ka­me­ra ge­neem het, het sy som­mer gou haar eie een aan­ge­skaf. En kyk net hoe woe­ker sy! “Ek het hier­die foto op Hei­del­berg ge­neem ter­wyl ons op wit­te­brood was. Die ven­ster met die spie­ël en was­bak het my aan­dag ge­trek en ek wou graag ’n foto daar­van neem. Vir die be­lig­ting het ek met die ka­me­ra se ver­stel­lings rond­ge­speel, want ek ken om­trent net die ka­me­ra op my sel­foon. Die foto het be­son­ders mooi uit­ge­kom en ek is baie sen­ti­men­teel daar­oor – eer­stens om­dat dit een van my eer­ste foto’s met dié soort ka­me­ra is, en twee­dens oor waar ek dit ge­neem het. My ma, Sa­rie Horn, het as ons eer­ste Kers­ge­skenk vir ons die to­neel ge­skil­der (foto regs bo).”

Met die eer­ste kyk slaan De­si­ré se foto nie juis ’n mens se a­sem weg nie, maar gaan staan ’n bie­tjie stil en kyk mooi. Soos jou oog tus­sen die drie fo­ku­se­le­men­te – die ven­ster, spie­ël en was­bak – rond­spring, prik­kel die foto jou aan­dag tot só ’n ma­te dat dit am­per voel of jy ín die ver­trek staan. Dis as­of jy self die kalm­te er­vaar soos jou oog heen en weer tus­sen die fo­kus­pun­te spring.

Soos De­si­ré ver­dui­de­lik, het sy ná ver­skeie ver­stel­lings op die ka­me­ra die foto ge­neem. Dié soort be­lig­ting (met die groot­ste deel don­ker en dan ’n hel­der kol) kan met baie ka­me­ras se lig­me­ter­le­sing smok­kel. Om die ba­lans tus­sen die lig­te en don­ker de­le reg te kry is nie mak­lik nie. Om­dat die foto boon­op in ’n JPG-for­maat ge­neem is en nie in RAW nie, ver­loor ’n mens heel­wat van die oor­spronk­li­ke de­tail. Dit is om­dat die ka­me­ra die di­gi­ta­le in­lig­ting eers pro­ses­seer en dan in ’n kom­pak­te for­maat berg waar­in ver­re­weg die mees­te de­tail nié in­ge­sluit is nie. Dit is juis dan kri­ties om die be­lig­ting so na as moont­lik aan reg te kry wan­neer jy die foto neem, want ’n mens is be­perk met die don­ker- en lig­ver­stel­lings wat jy ná die tyd met ’n fo­to­sag­te­wa­re­pro­gram kan doen.

Al wat ’n bie­tjie steu­rend is, is hoe die fles se weer­kaat­sing in die spie­ël teen die raam raak. De­si­ré kon net ef­fens na regs ge­staan het, maar dit neem niks weg van ’n stil en kalm to­neel wat ’n mens ’n oom­blik van rus gee voor die wê­reld weer aan­gaan nie.

T­wee­ling in die bos

Die 10-ja­ri­ge Ru­an Con­ra­die van Fransch­hoek leen nie sy ou­ers se fo­ne om te bel of spe­le­tjies te speel nie, maar om foto’s te neem.

“Ons was die va­kan­sie by die T­sitsi­kam­ma-lod­ge waar ons as ge­sin in die den­ne­plan­ta­sies gaan stap het. Twee hel­der­bruin bo­me het tus­sen die res van die grys bo­me uit­ge­staan en my oog ge­tref. Dis toe dat ek my ma, Li­zet­te, se foon leen om ’n foto van die gro­ter to­neel te neem met die twee dooie bo­me deel daar­van.”

Die twee bo­me staan ge­wis uit, maar die boom links voor an­ker die foto, want dit is die eer­ste voor­werp wat ’n mens raak­sien. Om­dat dit na regs (in die rig­ting van die twee dooi bo­me) leun, dwing dit jou oog ook na dié­kant­se de­tail op die foto. Dan sien ’n mens nie net die twee dooie bo­me nie, maar ook dat die twee am­per soos ’n t­wee­ling uit­staan, want al­bei het aan die on­der­kant ’n on­ge­wo­ne ron­ding. Van hier af trek die don­ker­te ag­ter ’n mens se oog waar­in die res van die plan­ta­sie se bo­me ver­dwyn.

Bui­ten die voor­ste boom vang die lig­kol regs bo ’n mens se aan­dag – iets wat tot ’n ma­te steu­rend is. Vir ’n foto met ’n meer gra­fie­se aan­slag kan jy die foto by die ver­ste boom­top­pe en net-net on­der die stom­pe van die dooie bo­me af­sny (sien links on­der).

Dit lyk ook of die foto se kleur aan­ge­pas is met ’n blou­e­ri­ge skyn­sel wat dit ook meer kuns­tig maak.

JOU FOTO

Ni­kon D3100;18-55 mmf3,5-5,6-lens op 19 mm; 1/125 ste van ’n se­kon­de; f3,5; ISO 200

Samsung Ga­laxy A5; 3,6 mm-lens (27 mm in ’n 35 mm-ka­me­ra), 1/35ste van ’n se­kon­de; f1,9; ISO 64

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.