RUBRIEK

Daar is niks soos ’n 15 kg-rug­sak en ’n ska­du­lo­se woes­tyn om jou ne­de­rig te hou nie, ver­tel

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - An­na­mi Mai­lo­vich.

Ek het ’n breuk­deel van ’n se­kon­de om te kies: Óf ek val teen ’n rots af óf ek tui­mel by die af­grond af. Oom­blik­ke la­ter is dit net bloed waar jy kyk...

Ons Vis­ri­vier-a­von­tuur is skaars 20 mi­nu­te oud en daar staan reeds men­se om my met Sa­vlon en pleis­ters, ter­wyl an­der skar­rel om al my ba­ga­sie tus­sen hul­le te ver­deel. “Is jy reg om aan te gaan?” vra hul­le be­kom­merd. Har­de­gat, maar met ’n ste­wi­ge do­sis pie­pe­rig­heid sê ek: “Ja, kom ons doen dit. Ons ís nou hier.”

LAAT EK BE­GIN met ’n be­ken­te­nis. Ek is nie spor­tief nie, daar is twee of drie rol­le­tjies om my mid­de­rif, ek hyg teen op­draan­des, ek is nie be­kend vir my fan­tas­tie­se ba­lans nie, en ek sou my voe­te en en­kels op hul­le bes­te as lam­sak­kig be­skryf. Maar ek is mál oor die bui­te­lug én ek het die uit­hou­ver­moë van ’n Ke­vin An­der­son in ’n Wim­ble­don-half­eind­stryd.

Toe my vrien­de ’n jaar of wat ge­le­de vra of ek die Vis­ri­vier­ca­nyon saam met hul­le wil gaan stap, het ek da­de­lik ja ge­sê en op die daad ver­lof in­ge­sit. Daar was nie ’n ma­nier dat dié Bos­veld­pop Na­mi­bië se groot woes­tyn­loop sou mis­loop nie. Teen die tyd dat ek my by Kaap­stad se stap-

pers­krin­ge in­ge­wrie­mel het, het ek al am­per ’n de­ka­de lank ge­dag­droom oor Die Vis. Ter­loops, jy gooi dié by­naam eers los en vas rond wan­neer jy hom self al aan­ge­durf het. En dan met ont­sag. Jy moet mooi trap, want dis hei­li­ge grond. Te oor­deel na die foto’s, my steeds be­teu­ter­de to­ne, min­stens vier ver­lo­re toon­na­els en al die sto­ries van val en seer­kry sal ’n mens dink Die Vis was een groot fi­as­ko. As jy my nou vra om die hel te be­skryf is dit mak­lik: ’n rots­bed­ding. Maar hoe lyk die he­mel? Die he­mel is die ys­wa­ter van Die Vis. Dis om op die naat van jou rug te lê in ’n dons­slaap­sak, op ’n sand­bed­ding, met ster­re teen die dak. Ek be­sef nou jou fiks­heid is nie die pro­bleem nie. Jy moet sterk wees, lig­gaam­lik én gees­te­lik. Jou lyf moet ste­wig staan en jou kop moet jou lyf dra. As jy droom oor Die Vis, doen dit. Gaan saam met er­va­re stap­pers wat jy ver­trou en wat weet hoe kaar­te en kom­pas­se werk. Ek het baie fou­te be­gaan, maar die goeie nuus is jy kan daar­uit leer. En ont­span... dis ’n skrik­wek­kend won­der­li­ke er­va­ring.

EK WAS DEEL van die groe­pie wat met ’n 9 vm.-bus­sie van Ai-Ais af na Ho­bas ver­trek het. Die res van ons groep was al op die sesuur­bus; dus kon hul­le tree­tjie vir tree­tjie ver­sig­tig vor­der en eers ge­woond raak aan die ge­wig van die rug­sak­ke teen die steil­te.

Om­dat ons la­ter op­ge­daag het, was ek op ’n be­dui­den­de af­draan­de se­nu­ag­tig, haas­tig en boon­op on­se­ker. Met ’n ge­leen­de top­swaar rug­sak en ie­mand anders se stap­stok wat nie heel­te­mal ge­mak­lik in my hand wou raak nie. Dit was on­af­wend­baar dat ek sou val.

Ek moet bieg, hier­die ma­je­stu­eu­se ca­nyon sou min­der vrees­aan­ja­end ge­lyk het as ek meer ge­oe­fen het. In my kop het ek ’n woes­te oe­fen­re­gi­me be­plan, maar aan die ein­de van De­sem­ber het ’n nood­blin­de­dermo­pe­ra­sie al my lug­kas­te­le in die hek laat duik. Ek het se­ker drie of vier keer mak­li­ke stap­pies teen die han­ge van Ta­fel­berg aan­ge­durf, en dít boon­op net een keer met ’n rug­sak vol 5 ℓ-wa­ter­bot­tels wat ek vir Dag Ze­ro op­ge­gaar het.

“Om te hi­ke is eint­lik maar ’n kom­bi­na­sie van lun­ges en squats,” ver­tel een me­de-Vis­trap­per non­cha­lant ter­wyl sy vir my wag om my tus­sen twee klip­pe op te trek. En sy is reg: Hier oe­fen jy jou be­ne en bou­de or­dent­lik. Hier­die le­de­ma­te weet nie wat hul­le tref nie.

Dit sou se­ker ’n an­der saak ge­wees het as ek ef­fens meer voor­be­reid was. En jy het nie ’n berg no­dig om voor te be­rei nie. Jy kan jou ewe goed ge­reed kry deur op die strand te stap en oor rot­se te klou­ter. Of los die hys­bak by die werk en klim eer­der daar­die se­we stel­le trap­pe. Of doen net ont­set­tend baie squats en lun­ges as jy nie rot­se of trap­pe na­by jou het nie.

Soos wat die land­skap ver­an­der – van sag­te sand na klip­pe na ri­vier na har­de sand na rot­ste en heu­wels en te­rug na sag­te sand – ver­tel ek my­self deur­gaans hoe plat dit gaan wees wan­neer ons die ein­de van dié af­draan­de be­reik. Die af­draan­des is in­der­daad die gru­saam­ste de­le van die tog, maar din­ge sou aan­sien­lik mak­li­ker ge­gaan het as ek my sak nie ver­keerd ge­pak het nie. As ek by­voor­beeld my slaap­sak en ma­tras bo ge­pak het en nié my kos nie, het ek in al­le waar­skyn­lik­heid nie bin­ne die eer­ste 20 mi­nu­te om­ge­tiep en my kop teen ’n rots oop­ge­val nie.

HOE LIG­TER JOU sak, hoe be­ter. Pak wat jy dink jy gaan wil eet en ver­min­der ver­al die kou­goed vir tus­sen­in met min­stens die helf­te, want dis warm en jou eet­lus is nie waf­fers nie. Pro­beer om ont­byt met min moei­te te maak – want as jy vroeg uit die ve­re kom, ska­kel jy die hit­te van die dag tot ’n groot ma­te uit. Dis ’n ge­suk­kel om ’n groot groep op­ge­pak te kry, ver­al as ’n mens nog ont­byt moet maak en pot­te skrop in die ri­vier. Hou die groot eet en kof­fie dalk vir die eer­ste tee­tyd wan­neer jy klaar af­stand ge­wen het.

Daar is niks soos ’n 15 kg-rug­sak en ’n ska­du­lo­se woes­tyn om jou ne­de­rig te hou nie. Ek het heel­te­mal te veel kos en heel­te­mal te min son­room saam­ge­bring. Ge­luk­kig het men­se my jam­mer ge­kry en hul­le son­room met my ge­deel.

Moet eg­ter nie dat ek jou só bang­praat dat jy – soos ek – net die broek aan jou lyf in­pak nie. Vat da­rem twéé broe­ke. Ek het nog nooit ge­skrik vir vuil wees nie, maar ek het on­der­skat hoe broek­skeur din­ge gaan as jy op jou bas oor rot­se rond­seil. My kort seil­broe­kie het bin­ne twee dae ag­ter op die naat ge­skeur en al­mal was wel­be­kend met my fleu­ri­ge on­der­kle­re.

Pak ge­noeg or­dent­li­ke pleis­ters – soos dié wat land­lo­pers ge­bruik – en an­ti­sep­tie­se en in­flam­ma­to­rie­se salf en pil­le. Ek moes in ’n sta­di­um my voe­te met duck­ta­pe ta­kel, want ek het sul­ke ver­piep­te pleis­ter­tjies ge­had wat skaars my moed by­me­kaar kon hou, wat nog te sê my to­ne op ’n ter­rein waar jy el­ke half­uur ’n ri­vier moet oor­steek.

Jou skoe­ne moet soos die ba­ba­beer­tjie se pap wees – net reg. My­ne was te oud, en teen dag 3 was my voe­te vol bla­se ge­skaaf en ek moes met my ri­vier­plak­kies loop. Ge­na­dig­lik het ’n stap­maat ’n ek­stra paar skoe­ne ge­had waar­mee ek die tog kon vol­tooi son­der ver­de­re ska­de.

’n Mens raak stel­sel­ma­tig ge­woond aan waar al jou be­sit­tings moet wees én aan die klip­pe on­der jou voe­te. Wa­ter, wa­ter­rei­ni­gings­drup­pels, kou­goed en jou hand­doek moet by­der­hand wees, anders gaan jy soos ek in jou on­der­kle­re sit en jou voe­te met jou hemp droog­maak. Want nat voe­te sorg vir bloed, angs en pyn.

EN WEET DÁN die men­se wat saam met jou stap, leer jou ken soos jy jou­self skaars ken. Die Vis vlek jou oop soos ’n goeie de­toks.

Is ’n mens ooit ge­reed vir Die Vis? Ek is nóú, ja. En na­tuur­lik sal ek dit weer doen. In ’n oog­wink.

Jou skoe­ne moet soos die ba­ba­beer­tjie se pap wees – net reg. My­ne was te oud, en teen dag 3 was my voe­te vol bla­se ge­skaaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.