JA­GUAR E-PA­CE

Die Ja­guar E-Pa­ce is ’n par­man­ti­ge sport­nuts wat lyk as­of hy nooit die ge­mak van die stad wil ver­laat nie. Maar pas­op vir hom as hy blaas en sy na­els uit­stoot, sê Cy­ril Klop­per.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

Die Ja­guar E-Pa­ce is ’n par­man­ti­ge sport­nuts wat lyk as­of hy nooit die ge­mak van die stad wil ver­laat nie. Maar pas­op vir hom as hy blaas en sy na­els uit­stoot.

Die oor­spronk­li­ke plan was om die twee­spoor­paad­jies van die Kou­ga­wil­der­nis­ge­bied in die Lang­kloof met díe Ja­guar te ver­ken, maar toe ons hoor die berg­top­pe van die Ka­ma­nas­sie af tot doer on­der in die Kaap lê spier­wit on­der die sneeu, het ons die tog na Hoe­ree aan die ein­de van die Kou­ga-wil­der­nis-4x4roe­te kort­ge­knip en ons warm­ste kle­re in ’n tas ge­boen­der.

Ons gaan sneeu kyk!

Heel­pad streek­pad

Ons trek teen og­gend­ske­mer uit die Oos-Kaap­se dorp Jou­ber­ti­na weg. Ho­pe­lik is ons vroeg ge­noeg om vóór Oudts­hoorn se ver­keers­kon­sta­bels by die Swart­berg­pas uit te kom – voor hul­le dit vir ver­keer kan sluit. Met die druk van die rit­mo­dus­knop­pie ska­kel ons oor van die eko- na die di­na­mie­se mo­dus, want dis wrag­gies nie nóú die tyd om brand­stof te be­spaar nie. Die E-Pa­ce se ge­aard­heid ver­an­der bin­ne mil­li­se­kon­des, so as­of hy weet daar’s ’n wed­ren tus­sen ons en Oudts­hoorn se pret­be­der­wers. Die werk­ver­rig­ting en stuur­ak­sie word op­ge­skerp ter­wyl die stem­mings­be­lig­ting on­der die in­stru­men­te­pa­neel en bin­ne die deu­re ver­kleur van ’n stre­len­de groen na ’n om­ge­krap­te rooi gloed.

Die E-Pa­ce brul deur Kra­keel, Lou­ter­wa­ter en Mis­gund, maar sy har­de ve­ring is nie te gaan­de oor die stam­pe­ri­ge teer­pad nie. An­der­kant Haar­lem strek die R62-streek­pad voor ons uit in ’n lood­reg­te lyn tot aan die voet van die Ou­te­ni­qua­berg.

Die al­le­wiel­aan­dry­wing werk hard om wring­krag van die ag­ter­as af weg te ka­na­li­seer na die voor­wie­le waar dit nou no­dig is. Ie­wers on­der die bak­werk is ’n blik­brein se sen­sors ook be­sig om die gier­hoek (yaw an­gle), stuur­wie­lin­set­te en bak­wieg te meet. Die in­tel­li­gen­te 9 spoe­d­ou­to­ma­tie­se rat­kas werk oor­tyd, maar die be­stuur­der en pas­sa­siers

is sa­lig on­be­wus van die e­lek­tro­nie­se en me­ga­nie­se war­boel wat ag­ter die skerms plaas­vind. Op die in­stru­men­te­pa­neel se 21:9-wy­e­hoekraak­skerm is daar wel ’n gra­fie­se uit­beel­ding van die al­le­wiel­aan­dry­wing waar­op jy kan sien hoe en­jin­krag van een wiel af weg­ge­vat word en vir ’n an­der ge­gee word na ge­lang van die pad­toe­stan­de. S­lim.

Mik hoog

Die wol­ke lê bank­vas op die Swart­berg en dit lyk of dit be­sig is om te sneeu. Die berg­pas is nog nie deur die plaas­li­ke o­wer­he­de ge­sluit nie. By die Ca­litz­dorp-af­draai staan daar wel ’n kon­ka in die pad, maar nê­rens is ’n “ge­sluit”-pad­pre­di­kant óf po­li­sie­voer­tuig te be­speur nie. Dis nou of nooit...

Die teer­pad slaan gou oor na grond – eint­lik mod­der – en sneeu­vlok­kies flad­der vro­lik om ons heen. Nou en dan kom ’n mod­der­be­smeer­de mo­tor van voor af, berg­af, en jy sien die be­kom­mer­de uit­druk­king op die be­stuur­der se ge­sig. Ter voor­be­rei­ding van wat moont­lik op pad is, wik­kel ons die rit­mo­dus­knop­pie na die pro­grama­tuur vir re­ën, ys en sneeu.

By Wit­draai, ’n kin­kel teen die berg­hang skaars 5 km teen die pas uit, is daar ’n ver­keers­knoop. ’n Volks­wa­gen Tou­ran gly-gly ag­ter­uit, want sy voor­wiel­aan­dry­wing kan nie daar­in slaag om die kar teen die ge­ys­te berg­pad uit te kry nie. Een­kant staan nóg ’n slag­of­fer...’n Au­di A4 met ’n wiel in ’n sloot vas­ge­pen.

“Is dié ’n 4x4?” vra ’n toe­ris

skep­ties ter­wyl ons ver­by die ge­knel­de voer­tuie ry. “Want anders gaan jy nie hier uit nie.”

By die S­kelm­draai-uit­kyk­punt trek ons af vir foto’s. Die sneeu val nou oor­vloe­dig en die grond­pad is seep­glad. Na­dat ons die ge­bruik­li­ke sneeu­man ge­bou het, klou­ter ons bib­be­rend te­rug in die E-Pa­ce. Die ver­hit­te sit­plek­ke – voor én ag­ter – werk oor­tyd en die lug­re­ë­ling lek ons wa­sem van die rui­te af.

Om teen ’n ge­ys­te berg­pad weg te trek is dik­wels ’n ta­me­le­tjie, maar die E-Pa­ce se sen­sors neem el­ke 10 mil­li­se­kon­des (dit is el­ke 0,01 s – ja, ’n hon­der­ste van ’n se­kon­de) ’n le­sing op el­ke wiel en pas dan die krag­ver­sprei­ding daar­vol­gens aan. Wan­neer jy die pe­daal trap, lyk dit eers as­of niks ge­beur nie, maar dan voel jy hoe ’n wiel byt en los, ge­volg deur nog ’n wiel wat ver­sig­tig draai... en dan, skie­lik, be­weeg jy son­der e­ni­ge wiel­tol.

Bo op die Swart­berg­pas, by die in­gang van die Swart­berg­kruin-4x4-roe­te, oor­weeg ons dit om die Ja­guar ’n ent berg-in te neem. Maar eers ska­kel ons van die 360°-ka­me­ra se beeld oor na die al­le­wiel­aan­dry­wing-gra­fi­ka. Ter­wyl die Ja­guar deur die knie­diep sneeu beur, kan jy deur mid­del van ’n vi­su­e­le uit­beel­ding op die skerm sien hoe twee on­af­hank­li­ke kop­pe­laars op die ag­ter­as sluit om ’n me­ga­nie­se e­we­naar­slot na te aap.

Maar dan trek ons klein­kop­pie. Die E-Pa­ce se al­le­wiel­aan­dry­wing kan dalk die mas op­kom in die diep sneeu, en met ’n re­la­tie­we ga­we grond­vry­hoog­te van 204 mm gaan ons ook nie té veel sneeu ploeg nie, maar jy kan nie al­tyd sien wat­se slag­ys­ters al­les on­der die sneeu skuil nie. Nee wat, kom ons los hier­die soort a­von­tu­re eer­der vir Jeeps.

Die lang­pad huis toe

Ná die sneeu­spe­le is dit tyd om koers te kies na die noor­de en die N1 huis toe. Die rit­mo­dus­knop­pie word te­rug­ge­ska­kel na die e­ko­mo­dus om brand­stof te be­spaar en die aan­pas­ba­re kruis­spoed­be­heer word aan­ge­sê om die voer­tuig voor ons slaafs te volg ten­sy hy die na­si­o­na­le spoed­grens oor­skry.

By ’n vul­sta­sie op Laings­burg kyk die pe­trol­jog­gies die mod­der­be­smeer­de E-Pa­ce nuus­kie­rig aan. “Het jul­le dan ver­dwaal?” wil hul­le weet. Dis een ding om ’n har­de­baard veld­ry­voer­tuig deeg­lik te toets en hom so lig­gies op die on­der­stel te stamp, maar wan­neer ons ’n sag­te veldryer bos toe neem, is daar al­tyd die kans

dat iets le­lik kan skeef loop. Die E-Pa­ce het ge­luk­kig on­ge­skon­de van die Swart­berg­pas af te­rug­ge­keer, son­der krap­mer­ke óf pap ban­de. Hy ís na­tuur­lik van bin­ne én bui­te met mod­der be­smeer, maar dis hoe dit gaan wan­neer jy sneeu kyk.

Ons E-Pa­ce se brand­stof­ver­bruik was nie so in­druk­wek­kend as Ja­guar se be­weer­de sy­fer van 6,2 ℓ/100 km nie. Met ons toets kon ons nie be­ter as 8 ℓ/100 km haal nie, maar dit sluit in heel­wat speel­tyd in die sneeu en die dol­le ge­jaag om vóór die spiet­kops by die pas op te daag. Trou­ens, 12 km/ℓ is glad nie te sleg nie.

Slot­som

As jy in die stad woon, het jy on­ge­twy­feld al ’n paar E-Pa­ce’e te­ë­ge­kom. Ja­guar ver­koop 80 van hul­le per maand, wat nie sleg is vir dié soort ry­ding nie. Wat ver­ras, is hoe be­kwaam dié ou­tjie op glib­be­ri­ge paaie is. ’n Suk­ses­vol­le jon­ge heer of da­me ag­ter die stuur gaan waar­skyn­lik nie met ’n E-Pa­ce in die sneeu bal­jaar nie, maar dis ver­bly­dend om te weet hy kán as jy sou wou.

JA­GUAR E-PA­CE

BINNEKRING-IN­LIG­TING. Ja­guar se ak­tie­we krag­oor­bring­stel­sel met sy in­tel­li­gen­te wring­krag­ver­de­ler werk uit­ste­kend. Die voor­ste ve­ring is uit ge­go­te a­lu­mi­ni­um en is spe­si­fiek ont­werp om ge­vaar­li­ke oor­stuur hok te slaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.