SUID­KUS

In die sui­de­lik­ste deel van K­waZu­lu-Na­tal se Suid­kus kan jy kies waar jy wil kamp: een­kant teen ’n heu­wel, reg teen ’n be­skerm­de strand, óf op die oe­wer van ’n be­dry­wi­ge ri­vier.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - Teks en foto’s Zi­gi Ekron

Wan­neer ’n mens by die see gaan kamp, be­hels dit meer as stran­de vol sam­bre­le, krie­ket langs die see en room­y­se wat in die sand val. As jy jou tyd en kamp­plek reg kies, kan jy in rus en vre­de gaan kamp en al­les ge­niet wat die Suid­kus bied, son­der dat dit voel jy moet gaan skrum op die strand vir ’n kol­le­tjie om jou hand­doek oop te gooi en ’n piek­niek uit te pak. >

PARADISE-WOONWAPARK Die be­loof­de land

As jy lus voel vir ’n see­va­kan­sie in die Suid­kus na­by die be­ken­de toe­ris­me­plek­ke, maar da­rem ook een­kant ge­noeg om nie te voel as­of jy ver­trap word deur die ska­re nie, is Paradise die plek vir jou.

Die smal een­rig­ting­paad­jie kron­kel van die R61 af stei­le­rig bult-op tus­sen die in­heem­se bos­se deur – hier en daar steek ’n pie­sang­boom kop uit – tot jy uit­ein­de­lik die park se hek voor jou sien. Teen die tyd dat jy hier kom, voel Rams­ga­te, Mar­ga­te en Sout­h­broom soos be­stem­mings ver, ver van hier. G’n won­der dié stuk­kie van die Suid­kus word Ka­na­än ge­noem nie.

By die hek moet jy die klok­kie lui, so­dat Be­lin­da Kirk­pa­trick vir jou kan oop­maak. Wan­neer jy by die ont­vangs­kan­toor met sy klein koi­vis­dam­me­tjie stil­hou, wag sy jou klaar ag­ter die toon­bank in. Saam met jou kwi­tan­sie vir die staan­plek kry jy ook ’n af­stand­be­heer vir die hek en Be­lin­da be­duie die pad na die staan­plek­ke toe.

Wel­kom tuis!

Die staan­plek­ke is in lang, reg­uit rye op twee ter­ras­se uit­ge­lê met die a­blu­sie­blok op die ver­ste punt. Die staan­plek­ke deel twee-twee ’n wa­ter­kraan en vul­lis­drom, en die bak­steen­braai­plek­ke staan ook rug teen rug. Die en­ke­le woon­wa­ens wat jy bui­te sei­soen in die park sien staan, be­hoort waar­skyn­lik aan van die klom­pie vol­tyd­se in­wo­ners hier, soos Col­leen Long wat nou al ’n paar jaar hier op die punt van die ry, skuins oor­kant die a­blu­sie­blok, in haar F­leet­li­ne bly.

Die oord se tui­nier en skoon­ma­kers groet vrien­de­lik en knoop eers ’n ge­sel­sie aan wan­neer hul­le vir Col­leen sien. Die bad­ka­mers is sil­wer­skoon en net­jies en die af­wer­king en pot­plan­te laat dit by­na huis­lik voel.

Col­leen se dog­ters het by haar kom kui­er en in van die oord se self­sor­ghui­sies oor­ge­bly. Skuins langs dié hui­sies is die pret­par­kie met swaaie en ’n wip­plank vir die klein­goed, en ’n ent­jie ver­der ’n spe­le­tjies­ka­mer en saal vir ge­sel­lig­he­de.

Ag­ter die saal is die oord se hel­der­blou swem­bad, vlug­bal­baan en o­pe­lug­skaak­bord. Die swem­bad is nie só groot dat jy leng­tes kan s­wem nie, maar da­rem groot ge­noeg so­dat jy kan af­koel na­dat jy jou kamp­plek op­ge­slaan het.

’n Be­ton­paad­jie loop skuins van die

Ek het ná my man se dood hier­heen ge­trek. Dit pas my soos ’n hand­skoen. Die men­se is vrien­de­lik en daar is al­tyd ie­mand om mee te ge­sels. Ek voel ook vei­lig, want die toe­gangs­hek word ge­mo­ni­tor en die se­ker­heids­maat­skap­py pa­trol­leer ge­reeld die oord.

staan­plek­ke af tus­sen die spe­le­tjies­ka­mer en self­sor­ghui­sies deur na die ont­vangs­kan­toor, wat ook ’n paar win­kel­rak­ke het met nood­saak­lik­he­de soos vuur­aan­ste­kers, koel­drank en was­goed­seep vir die was­ma­sjie­ne in die was­se­ry langs­aan.

In die was­se­ry is was­ma­sjie­ne en ’n tui­mel­dro­ër – al­bei werk met ruil­mun­te wat jy by die ont­vangs­kan­toor koop. Wees maar ge­dul­dig met die was­ma­sjie­ne. Hul­le is oud en nie ge­maak om jou PT-broe­ke en sok­kies in ’n jap­trap skoon te kry nie.

Gaan laai jou was­goed in, gaan steek dan maar so­lank jou vuur aan of knoop ’n ge­sel­sie aan met jou kamp­bu­re, en kom loer dan so 45 mi­nu­te la­ter hoe sa­ke vor­der met jou was­goed.

As jy werk­lik bang is ie­mand gaps jou guns­te­ling-Me­at­lo­af-T-hemp kan jy jou maar op ’n stoel in die was­se­ry tuis­maak. Ge­luk­kig is hier ’n boek­rak vol lees­goed om jou be­sig te hou ter­wyl jy wag. >

PORT O’CALL Kies koers see toe

Min of meer half­pad tus­sen Mar­ga­te en Port Ed­ward, daar waar ’n mens net-net die dak van Mac’s Coun­try Gro­cer aan jou lin­ker­kant tus­sen die ruie bos­se sien uit­steek, draai Tra­fal­gar­weg links af van die R61 af, see se kant toe.

Langs die pad staan een van die Suid­kus se al­om­teen­woor­di­ge toe­ris­me­rig­ting­wy­sers, met naam­bor­de on­der me­kaar in­ge­ryg soos bal­kies op ’n baie voor­beel­di­ge ho­ër­skool­pre­fek se baad­jie. Die een vyf­de van bo sê jy moet reg­uit aan­hou na die Port O’Call-woonwapark. Dis so­wat 2,5 km van hier af.

By ’n kin­kel in die pad, waar die eer­ste stra­te van links en regs aan­sluit, ver­an­der Tra­fal­gar­weg in Nelson­weg. Hou net reg­uit­aan. Dié stuk pad is na­tuur­lik nie ge­noem na ons oud­pre­si­dent nie, maar na die B­rit­se ad­mi­raal en held van die Slag van Tra­fal­gar.

Langs die pad stap ’n groe­pie see­hel­de met bran­der­plan­ke on­der die arm. Dis S­han­ge A­san­da en sy maats van B­ho­ko­di­sa in die G­ci­li­ma-towns­hip, so­wat 11 km van hier af. Hul­le spring gre­tig ag­ter­op die bak­kie en ry saam tot by die woonwapark se hoof­hek. Dan draf hul­le die laas­te 350 m tot by die par­keer­ter­rein die naas­te aan die strand.

’n Rus­ti­ge ha­we

By Port O’Call se in­gang moet jy eers regs hou na die klein ont­vangs­kan­toor­tjie toe waar jy vin­nig die pa­pier­werk af­han­del. Ont­hou om kon­tant saam te bring, want hier is nie ge­rie­we om met ’n bank­kaart te be­taal nie. In die kan­toor is ’n win­kel­tjie waar jy vir jou ’n koel­drank en vuur­hout­jies kan koop, maar nie juis veel anders nie. Wan­neer jy klaar aan­ge­meld en be­taal het, moet jy om ry na die oord se in­gangs­hek toe.

Die oord lê let­ter­lik teen die strand, en die kamp­ter­rein loop met ’n hel­ling af see toe. Die 87 staan­plek­ke wis­sel in groot­te, maar al­mal is ge­lyk en elkeen het sy eie krag­punt. Oor va­kan­sie­tye kan die oord stamp­vol raak.

In stil­ler tye van die jaar vra die oord­men­se jou om eer­der aan die bo­kant van die oord vir jou ’n staan­plek uit te soek so­dat hul­le die on­der­ste helf­te dan ge­sluit kan hou.

Die staan­plek­ke met die bes­te uit­sig is bui­ten­dien bo. Die i­la­la­palms, wil­de­vy-, ko­raal- en melk­hout­bo­me groei we­lig hier. ’n Mens is feit­lik ver­se­ker daar­van dat jy ’n staan­plek sal kry met ge­noeg ska­du­wee én sag­te gras. Die staan­plek­ke is op só ’n ma­nier uit­ge­lê dat daar ’n bie­tjie ruim­te tus­sen jou en jou buur­man is, so­dat dit da­rem nie voel as­of jul­le op me­kaar se grond­seil gaan trap nie. Wan­neer jy klaar kamp op­ge­slaan het, kan jy in jou kamp­stoel ag­ter­oor sit en, af­han­gen­de van wat­ter staan­plek jy het, in die ver­te oor die see uit­kyk. Die kin­ders kan hul­le in­tus­sen by die swem­bad­dens – hier is ’n groot een én ’n klei­ner een vir kin­ders – of die pret­par­kie en spe­le­tjies­ka­mer gaan be­sig hou.

Stap strand­langs

Twee paad­jies loop van die staan­plek­ke af tus­sen die bos­se deur tot op die strand. Daar is hek­ke wat kan sluit om toe­gangs­be­heer tot die kamp­plek te ver­se­ker, maar be­dags is dit oop so­dat jy kan stap tot op die 5 km lan­ge strand wat strek van San La­meer in die noor­de tot by die M­pen­ja­ti­na­tuur­re­ser­vaat by die mon­ding van die M­pen­ja­ti­ri­vier in die sui­de. Die strand vorm deel van die Tra­fal­gar Ma­ri­ne-re­ser­vaat. Jy mag nie hier vis­skiet, kreef uit­haal of aas by­me­kaar­maak nie, maar an­der­sins mag jy hen­gel en duik.

Wan­neer jy ná die tyd die dag se

Jy kan stap tot op die 5 km lan­ge strand wat strek van San La­meer in die noor­de tot by die M­pen­ja­ti-na­tuur­re­ser­vaat.

Dis ons eer­ste keer hier en ons hou van die plek. Dis lek­ker dat dit saans so don­ker is, dat daar nie o­ral hel­der lig­te skyn nie. Die stil­te van die aan­de is ook baie lek­ker.

see­sand wil gaan af­was in die kamp­plek, is daar drie a­blu­sie­blok­ke om van te kies.

Dis nie nuut of by­der­wets nie, maar die park se per­so­neel hou dit só net­jies ’n mens voel skoon skul­dig as jy ’n paar gras­halms op die te­ël­vloer in­trap.

As jy jou aand­e­te oor die ko­le wil gaar­maak, moet jy jou eie braai­er saam­bring, want bui­ten die ge­meen­skap­li­ke braai­plek by die spe­le­tjies­ka­mer is hier nie an­der plek om jou tjops te braai nie.

Hier’s nie ’n be­si­ge hoof­pad of trein­spoor na­by nie – saans is die kamp­plek stil en in die don­ker hoor ’n mens die bran­ders druis.

Wan­neer jy die vol­gen­de og­gend weer strand toe stap, sal jy hen­ge­laars met hul­le vis­stok­ke op die rot­se na­by die ge­typoe­le sien of men­se wat som­mer net met ’n hand­doek oor die skou­er strand­langs stap vir ’n bie­tjie oe­fe­ning en ’n vin­ni­ge plons in die warm In­die­se O­se­aan.

As jy be­tyds is, sal jy dalk weer vir S­han­ge A­san­da en sy maats of an­der le­de van die Wa­ve of Ho­pe- en Tra­fal­gar Saints-bran­der­ry­klub daar sien waar hul­le eers in ’n krin­ge­tjie staan en bid vir vei­lig­heid en se­ën voor hul­le die dag se bran­ders aan­durf. >

DIE OU PONT Op die grens

As dit nie vir die M­ta­vu­na­ri­vier was nie, het die Ou Pont-va­kan­sie­oord se­ker in twee pro­vin­sies ge­val. Die oord lê op die K­waZu­lu-Na­tal­se oe­wer van die ri­vier wat die grens met die Oos-Kaap vorm. Maar die wa­ter is ook die spil­punt van die oord – selfs bui­te sei­soen is dit oor na­we­ke ’n be­dry­wi­ge plek.

Wan­neer jy by die kamp­plek in­ry, strek die ri­vier­oe­wer van links na regs voor jou uit. Mo­tor­bo­te met ski­ërs op sleep­tou brul oor die wa­ter, en wa­ter­po­nies knor blit­sig heen en weer ter­wyl ’n toe­ris­te­boot en men­se in ka­no’s by­na ge­ruis­loos ver­by vaar. Stroom­op, na­der aan die oe­wer, dob­ber ’n op­blaas­boot­jie met ’n vis­stok wat skeef oor die rand hang ter­wyl die ei­e­naar ’n uil­tjie knip.

Aan wal is dit ’n jo­li­ge bont men­gel­moes van men­se in hel­der swem­kle­re, strand­hand­doe­ke en ga­ze­bo’s op die we­li­ge groen gras­perk. By die klein gras­dak­la­pas trek die geur van braai­vleis saam met die rook deur die lug en men­se kui­er ge­sel­lig ter­wyl die vleis op die ko­le sis.

Wees maar ge­dul­dig

Die oord­re­ëls vra dat dag­be­soe­kers bui­te die hek par­keer, maar dit lyk as­of hier­die re­ël slegs in sei­soens­tyd streng toe­ge­pas word. Op ’n Son­dag­na­mid­dag is heel­wat van die staan­plek­ke be­set met mo­tors en sleep­wa­en­tjies vir bo­te. Jy sal dalk mooi moet vra dat ie­mand sy voer­tuig skuif as jy haas­tig is om kamp op te slaan, óf jy sal ’n ruk­kie moet wag.

Dis die moei­te werd om te wag, ver­al as jy koel­te en pri­vaat­heid soek. Daar is 41 staan­plek­ke in die oord, en wan­neer jy van die hek af in­ry, wys ’n bord­jie teen die ring­muur om die swem­bad staan­plek nr. 8-41 is na links en nr. 1-7 regs.

Die lin­ker­kant­ste staan­plek­ke is op ’n groot oop stuk gras uit­ge­lê en daar is net en­ke­les waar ’n koel­te­boom gaan sorg dat die son jou nie vroeg­og­gend uit jou tent uit­braai nie.

Die se­we staan­plek­ke aan die reg­ter­kant is die eer­ste prys. Hul­le word met rye bo­me van me­kaar af­ge­skort en jy het ’n on­be­lem­mer­der­de uit­sig oor die gras­perk voor jou tot oor die ri­vier en die be­bos­te heu­wel aan die oor­kant.

Dag­be­soe­kers moet die oord teen 7 nm. ver­laat – teen laat­mid­dag be­gin die manne met die bak­kies en sleep­wa­ens tou­staan by die sloep om hul­le vaar­tuie te laai. O­ral pak men­se piek­niek­mand­jies en ga­ze­bo’s op en maak kin­ders by­me­kaar.

Kort voor lank be­gin die rus­tig­heid saam met die ske­mer­lig oor die oord neer­daal en ver­an­der die bo­te se ge­brul en die men­se se ge­lag in die gesna­ter van kol­gan­se en an­der vo­ëls.

Mo­tor­bo­te met ski­ërs op sleep­tou brul oor die wa­ter, en wa­ter­po­nies knor blit­sig heen en weer.

In die ver­te hoor jy die ge­roep van men­se aan die oor­kant van die ri­vier. Baie van die park se per­so­neel woon teg­nies in die Oos-Kaap en pen­del sog­gens en saans met ’n boot­jie heen en weer. Die boot­jie se vas­meer­plek aan die oor­kant van die ri­vier is min of meer op die­self­de plek waar die ou pont, waar­na die oord ge­noem is, des­tyds vas­ge­meer het voor­dat die Um­tan­vu­na­brug in 1966 ge­o­pen is. Dus­kant die ri­vier is ’n ken­nis­ge­wing­bord wat die ge­skie­de­nis van die pont ver­tel.

So ge­praat van die brug: As die op­win­ding op die ri­vier nie vir jou ge­noeg is nie, kan jy te­rug­ry tot op Port Ed­ward en dan oor die brug ry tot in die Oos-Kaap en die Wild Co­ast Sun en die Wild Wa­ves-wa­ter­pret­park. Dis so­wat 10 km van hier af.

Dis dus­ke­tyd...

Wan­neer dit tyd word vir aand­e­te, kan jy ’n braai­vuur by een van ses la­pas in die oord gaan aan­steek (hier is nie braai­plek by die staan­plek­ke nie). El­ke la­pa het vier of ses bak­steen­braai­plek­ke wat rug-aan­rug staan. As jy die Aro­mat by die huis ver­geet het, kan jy in die oord se win­kel­tjie (by die hoof­hek) gaan aan­klop. Die win­kel is klein en jy moet soos by ’n skool­snoe­pie by die ven­ster­tjie gaan vra wat jy wil hê, maar die voor­raad en ver­skei­den­heid is ver­ba­send groot.

Jy hoef na­tuur­lik nie te braai nie. Min of meer in die mid­del van die oord, na­by die ri­vier, is die Padd­lers-re­stau­rant-en-kroeg. Hier kan jy e­nig­iets van ’n ont­byt­brood­jie met spek, kaas en ei­er (R30) tot 600 g rib­be­tjies (R125) be­stel. Pro­beer ge­rus die ker­rie van die dag (R90). Die kos word geu­rig en keu­rig be­rei, en ter­wyl jy wag, kan jy som­mer op die spys­kaart meer lees oor die be­siens­waar­dig­he­de in die om­ge­wing. Die in­lig­ting is am­per so goed saam­ge­vat soos op ’n toe­ris­me­bro­sju­re.

Aap­stre­ke

Maak maar se­ker jy pak al­les weg en maak jou ten­te en deu­re dig toe voor jy gaan in­kruip, want van vroeg­og­gend af hoor ’n mens hoe ker­jak­ker die blou­a­pe in die boom­tak­ke bo jou tent. Wan­neer jy met jou bad­sak­kie on­der die arm aan­stap bad­ka­mers toe, wip-wip hul­le op’n vei­li­ge af­stand van boom­tak tot boom­tak en land nou en dan op die dak­ke van die hui­se van die vol­tyd­se in­wo­ners.

’n Mens moet so half tus­sen die va­kan­sie­hui­sies deur­stap as jy die a­blu­sie­blok die naas­te aan die reg­ter­kant­ste staan­plek­ke wil ge­bruik. Daar is nie juis aan­wy­sings daar­heen nie en dis mak­lik om mis te kyk as jy nie weet waar om te kyk nie. Die an­der drie a­blu­sie­blok­ke is ver­der na links van die in­ry­pad (as ’n mens na die ri­vier se kant toe kyk). Die ge­rie­we lyk as­of dit on­langs op­ge­knap is en die warm wa­ter in die stort is ko­kend en die wa­ter­druk lek­ker sterk.

Col­leen Long woon vol­tyds in die park, in haar Jur­gens F­leet­li­ne.

STILLE WATERS. Paradise se swem­bad, net an­der­kant die spe­le­tjies­ka­mer, is nie groot nie, maar dis la­fe­nis op ’n warm na­mid­dag of om vroeg­og­gend wa­wyd wak­ker te word.WAS- OF WAGKAMER. In die was­ka­mer, by die ont­vangs­kan­toor, is ’n bi­bli­o­te­kie waar jy vir jou ’n lees­boek kan uit­soek.

KAMP KUI­ER-KUI­ER. Bui­ten vir die klein speel­par­kie, is hier ’n spe­le­tjie­saal, vlug­bal­baan en o­pe­lug skaak­bord waar kin­ders hul­self kan ver­maak, ter­wyl die groot­men­se on­der die stoeptent kui­er.

TRAPSGEWYS. Paradise se staan­plek­ke is in reg­uit la­ne op twee ter­ras­se uit­ge­lê met die a­blu­sie­blok op die punt van die on­der­ste ter­ras.

Da­wn en Gi­de­on K­riel van Mey­er­ton kamp met ’n Jur­gens Ex­clu­si­ve wat hul­le aan ’n Mit­subis­hi T­ri­ton haak. Ag­ter­op die T­ri­ton is daar ook ’n AHA-kamp­kap­pie.

KYK WYD. Port O’Call se staan­plek­ke is nie al­mal ewe groot nie, maar as jy reg kies, kan jy jou kamp op­slaan waar jy kan uit­sprei en oor die see in die ver­te tuur.

DIE BRAN­DERS ROEP. Die bran­der­plank­ry­ers van B­ho­ko­di­sa be­stee el­ke moont­li­ke oom­blik van el­ke na­week op Tra­fal­gar se strand.

HOU VAS, JANNIE! Wa­ter­sport is die spil waar­om din­ge draai by die Ou Pont. Jy hoef eg­ter nie jou eie boot te hê om die park en die wa­ter­ma­ne­wa­les te ge­niet nie. Heel­wat dag­be­soe­kers kom maak hul­le hier tuis, maar as die son sak, is hul­le weer weg, en dan ver­baas die rus­tig­heid ’n mens.

EET OP DIE OE­WER. Die Padd­lers-re­stau­rant se á la car­te-spys­kaart het ge­noeg lek­ker ge­reg­te so­dat jy nie el­ke aand hoef te braai nie.

LAAT SPAANDER Oor ’n na­week sal jy feit­lik al­les wat dryf, hier op die wa­ter sien, van blit­si­ge krag­bo­te tot rus­ti­ge ka­no’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.