Op­voe­ding is die ant­woord

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - DR. JOHAN VAN RENSBURG Gro­blers­dal

Ek re­a­geer graag op die bos­bre­ker- ar­ti­kel in die Ju­nie-uit­ga­we. Ek is ’n me- die­se prak­ti­syn met 50 jaar er­va­ring en deur­kruis A­fri­ka die af­ge­lo­pe 25 jaar met my veldryer.

Al­les in die le­we be­hels ri­si­ko’s. In die me­die­se wê­reld praat ons van ’n “re­la­tie­we ri­si­ko”, groot óf klein. Ons grond ons be­slui­te op die re­la­tie- we­ri­si­ko­fak­to­re, en ’n mens kan die­self­de doen as jy oor ’n bos­bre­ker moet be­sluit.

Die ri­si­ko vir ’n voet­gan­ger in ’n on­ge­luk is hoog, of die voer­tuig ’n bos­bre­ker het of nie. Die ri­si­ko vir die in­sit­ten­des is laag ver­ge­le­ke met die voet­gan­ger, maar ho­ër as die voer­tuig nie ’n bos­bre­ker het nie. Die­self­de geld as ’n groot dier voor jou in­loop.

In die ge­val van ’n kop-teen-kop- bot­sing is die ri­si­ko ook ho­ër son­der ’n bos­bre­ker as met een.

Die ri­si­ko dat die lug­sak­ke nie ont- plooi in ’n on­ge­luk nie, is re­la­tief laag. Dis na­tuur­lik mits die bos­bre­ker aan die reg­te stan­daar­de vol­doen en pro­fes­si­o­neel ge­ïn­stal­leer is.

In die veld kan ’n mens teen hin­der­nis­se soos bo­me of rot­se vas­ry wat ’n hoë ri­si­ko in­hou – so­veel so dat ’n mens ge­strand kan sit. In dié ge­val is jy meer be­skerm met ’n bos­bre­ker. As jy ver­af­ge­leë plek­ke be­soek met sleg­te paaie en die voer­tuig kry ’n stamp dat jy nie kan ver­der nie, sit jy met ’n erns­ti­ge ri­si­ko vir al­mal in die voer­tuig.

Moet bos­bre­kers on­wet­tig ver­klaar word? As ’n mens na die ri­si­ko­p­ro­fiel kyk hier in A­fri­ka, maak dit geen lo­gie­se sin om bos­bre­kers te ver­bied nie. As dit ge­beur, sal heel­wat meer le­wens in ge­vaar ge­stel word.

’n Mens voor­kom nie voet­gan­ger­sterf­tes deur bos­bre­kers te ver­bied nie, maar eer­der deur men­se op te voed om te al­le tye die pad­re­ëls te ge­hoor­saam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.