BAKKIEBEKLEEDSEL

Weg! Ry & Sleep - - NUUS -

Die maat­skap­py wat die on­der­vloer­se weg­steek­trom­mel vir jou For­tu­ner maak, bied nou ook ’n keu­se van twee har­de­baard laai­bak­mat­te vir jou Hi­lux.

Die in­dus­tri­ë­le laai­bak­mat (R1 495) be­staan uit rub­ber van 4,5 mm dik wat be­stand is teen krag­ge­reed­skap, bak­ste­ne en che­mi­ka­lieë. Dit help ui­ter­aard ook dat bou­ma­te­ri­a­le nie ag­ter­op jou bak­kie rond­gly nie.

Booxe bied ook ’n 3 mm-rub­ber­mat met ’n di­a­mant­teks­tuur (R1 195). Dié pro­duk is ver­al ge­skik vir hon­de wat graag saam met Ou­baas dorp toe ry.

Die rub­ber­mat is be­stand teen s­tof, o­lie en al­ge­me­ne vlek­ke. Die di­a­mant­teks­tuur­rub­ber is ook be­skik­baar as vloer­mat­jies (voor én ag­ter, R1 080) vir jou Hi­lux se bin­ne­ruim. Ford-ei­e­naars moe­nie sleg voel nie, want daar is ’n kat­te­bak­mat (R1 095) en vloer­mat­te (R1 080) be­skik­baar vir jou E­ve­rest. Kon­tak 066 176 2522

in­fo@booxe.co.za booxe.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.