Ek wil ook gaan!

Weg! Ry & Sleep - - 4X4-ROETE | ORANJEMUND -

Bes­te tyd In die win­ter­maan­de is die weer ma­ti­ger as in die bloe­di­ge so­mer­hit­te, maar as jy die va­kan­sie­ver­keer wil ver­my, pro­beer om nié in Ju­nie of Ju­lie te reis nie.

Jou voer­tuig Jy het nie ’n vol­waar­di­ge 4x4 no­dig om die grond­paaie baas te raak nie, maar jy sal be­slis ’n 4x4 met la­e­s­trek in die dui­ne bui­te Oranjemund no­dig hê. Jy kan met ge­moeds­rus jou woon­wa of bos­wa aan­haak, want hier­die roe­te is ge­skik vir sleep.

Op die grens Bring jou pas­poort (gel­dig vir nog min­stens 6 maan­de), die vol­le­di­ge ge­boor­te­ser­ti­fi­ka­te van e­ni­ge min­der­ja­ri­ge kin­ders wat saam met jou reis, en die re­gis­tra­sie­do­ku­men­te vir jou voer­tuig. By die grens be­taal jy ’n pad­ge­bruik­hef­fing van R295 per voer­tuig en R188 per sleep­wa.

Brand­stof en voor­raad Vul­sta­sies is vol­op: S­pring­bok, Port Nol­loth, A­lex­an­der­baai, Oranjemund, Ai-Ais en Ca­nyon Ro­ad­hou­se. Al­mal het winkels en re­stau­ran­te vir ba­sie­se pro­vi­and, maar daar is groot su­per­mark­te, ket­ting­win­kels, hos­pi­ta­le en mo­tor­werk­tuig­kun­di­ges op S­pring­bok én Oranjemund.

Af­stand en tyd Die to­ta­le roe­te is ’n raps on­der 600 km. Gee jou­self min­stens 3-5 dae tyd (en nog ’n hal­we dag as jy wil dui­ne ry in Oranjemund) so­dat jy die ge­bied teen ’n rus­ti­ge pas kan waar­deer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.