Wat! Pa­tat?

Weg! Ry & Sleep - - KAMPKOS -

Pa­tat is ’n veel­sy­di­ge groen­te­soort wat lek­ker lank bui­te die ys­kas hou as jy kamp.

Jy be­no­dig

(ge­noeg vir 6) 4 eet­le­pels bot­ter 2 groot pa­tats, ge­skil en in 2 cm-blok­kies ge­sny 2-3 wiele fe­ta, ge­krum­mel 3 spriet­uie, fyn­ge­kap 2 snye wit­brood

VIR DIE SLAAISOUS

3 eet­le­pels o­lyf­o­lie 2 eet­le­pels bal­se­miek­a­syn 1 eet­le­pel heu­ning

Só maak jy

1 Ver­hit die bot­ter in ’n groot pan of plat­boom­pot­jie. Braai die pa­tat in die bot­ter tot dit o­ral­oor mooi bruin is. (Sorg dat die pa­tat in ’n en­kel­laag braai om te keer dat dit wa­ter trek en pap word.)

2 S­kep die pa­tat uit in ’n slaai­bak en sprin­kel die fe­ta en spriet­uie oor.

3 Braai die brood oor ’n roos­ter tot bros en sny dit in klein blok­kies.

4 Meng die slaai­sous­be­stand­de­le goed saam en giet dit oor die pa­tat. Sprin­kel laas­tens die brood oor en sit die slaai da­de­lik voor.

Weg Ry & Sleep sê As jy ’n ge­koop­te slaaisous met ’n bal­se­miek­a­syn­ba­sis saam­vat, hoef jy min­der be­stand­de­le in te pak. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.