Kool­knars­lek­ker!

Weg! Ry & Sleep - - KAMPKOS -

Hier­die bros slaai is heer­lik vir die eer­ste aand in die kamp­plek – ge­bruik e­ni­ge groen­te wat oor­bly vir mô­re­aand se pot­jie.

Jy be­no­dig

(ge­noeg vir 6) ½ kop­pie be­vro­re ert­jies (óf ge­bruik ge­blik­te ert­jies) ½ pak­kie (60 g) man­ge­tout ½ pak­kie (100 g) groen­boon­tjies 1 groen soet­ris­sie 2 kop­pies ge­snip­per­de kool ¼ kop broc­co­li, in klein blom­me­tjies ge­breek 2 eet­le­pels pam­poen­of son­ne­blom­saad

VIR DIE SLAAISOUS

1 kop­pie ma­yon­nai­se 4 eet­le­pels wit drui­we­a­syn 1 eet­le­pel heu­ning

Só maak jy

1 Be­dek die be­vro­re ert­jies met kook­wa­ter, laat dit vir ’n paar mi­nu­te staan en drei­neer dit dan. (In­dien jy ge­blik­te ert­jies ge­bruik, is hier­die stap nie no­dig nie.)

2 Sny die man­ge­tout, groen­boot­jies en soet­ris­sie in fyn re­pies en meng dit saam met die ert­jies deur die kool en broc­co­li.

3 Ver­hit ’n droë pan en braai die pam­poen­saad tot dit geu­rig be­gin word en ef­fens ge­roos­ter is.

4 Meng al die be­stand­de­le vir die slaaisous saam. Giet dit oor die koolslaai en rond dit af met die ge­roos­ter­de pam­poen­saad.

Weg Ry & Sleep sê As jy van ’n lek­ker byt hou, voeg ½ tee­le­pel rooi­pe­per by die slaaisous.

Koolslaai met groen groen­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.