Die teg­nie­se goed

Weg! Ry & Sleep - - WOONWATOETS -

Neus­ge­wig 54 kg

Leng­te 4 383 mm

Breed­te 1 830 mm

Hoog­te 1 460 mm

As­breed­te 1 580 mm

Net­to ge­wig (ba­sie­se wa) 630 kg

Dra­ver­moë 870 kg

BVM 1 500 kg

Prys R203 534 soos ge­toets. Die ba­sie­se wa kos R135 016. Ver­skeie toe­rus­ting­op­sies is be­ski­kaar.

Plus

Jy het nie ’n leer no­dig om op die bed te klim nie. Die so­lie­de vloer gee die ruim tent ’n luuk­se ge­voel. Die wa het baie pak­plek. Die kom­buis is baie prak­ties uit­ge­lê. Die LED-lig­gies wat met mag­neet­stro­ke teen die wa vas­sit en rond­ge­skuif kan word, is ’n goeie plan.

Mi­nus

Jy moet ver­kies­lik twee men­se wees om die tent op en af te slaan. In die oop po­si­sie druk die op­slaan­deur van die kas teen een van die tent­vloer­stut­te en kan die deur be­ska­dig. Die k­nip wat die ys­kas se uit­trek­laai in p­lek hou, is in die pad wan­neer jy die laai te­rug­stoot en dit kan die deur­rub­ber be­ska­dig. Stof en gog­gas kan in­kom op plek­ke waar die tent­seil nie teen die wa se wand vas­plak nie. Die ta­fel­tjie by die kom­buis is moei­lik om aan die wand vas te haak.

Weg Ry & Sleep sê Die 90 ℓ­wa­ter­tenk is van vlek­vrye staal en sit on­der die wa, reg ag­ter die as.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.