Wat be­te­ken die nom­mers?

Weg! Ry & Sleep - - 4X4-PROFESSOR - 5

Kom ons kyk na ’n ge­wil­de band on­der veld­ry-en­toe­si­as­te: Die BF Good­rich 265/ 65 R17 All Ter­rain T/A KO2 120S. Die eer­ste sy­fer-en-let­ter­groep op die band­wand is die af­me­tings van die band. Die 265 be­te­ken die band is 265 mm breed; 65 is die dik­te van die wand as ’n per­sen­ta­sie van die breed­te, met an­der woor­de die dik­te is 65% van 265 mm (265 mm x 65% = 172 mm). Die R17 ver­wys na die bin­ne­ra­di­us van die band (in duim), met an­der woor­de dié band pas op ’n 17”-wiel­vel­ling.

Waar­om ge­bruik band­ver­vaar­di­gers mil­li­me­ters én dui­me? Dis ’n lang sto­rie, maar kort­om be­moei A­me­ri­kaan­se wet­ge­wing hom met die bin­ne­ra­di­us (in duim) ter­wyl Eu­ro­pe­se ban­de­ver­vaar­di­gers ook fo­kus op band­breed­te (in mil­li­me­ter). Aan­ge­sien A­me­ri­ka ’n be­lang­ri­ke mark is vir ban­de­ver­vaar­di­gers – en A­me­ri­ka een van slegs twee lan­de is wat nog duim ge­bruik (die an­der is Li­be­rië) – word ver­vaar­di­gers ge­dwing om die duim­af­me­ting te be­hou.

All Ter­rain T/A KO2 is bloot die naam en mo­del­weer­ga­we van die band.

Die laas­te sy­fers en nom­mer op ’n band­wand is die vrag- en spoedin­deks. In hier­die ge­val be­paal die 120-vra­gin­deks dat hier­die band ’n ge­wig van 1 400 kg per wiel kan dra en die S be­te­ken dat die ban­de be­perk is tot ’n vei­li­ge top­snel­heid van 180km/h. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.