EK WIL OOK GAAN!

Weg! Ry & Sleep - - 4X4-ROETE | ZIMBABWE -

Hoe ver het jul­le ge­ry? Hier­die roe­te, met sy be­gin­punt by Ma­to­pos en eind­punt in H­wan­ge, is net on­der 2 000 km. Dit sluit nie reis­af­stan­de van Suid-A­fri­ka of na en van die naas­te grens­pos­te (Plum­tree, Vic­to­ria Falls of Pa­da­ma­ten­ga) in Zim­bab­we in nie.

Het ek ’n 4x4 no­dig? Nie nood­wen­dig nie, maar jy wil be­slis in ’n voer­tuig ry wat hoog bo die grond staan.

Hoe lyk die paaie? Die teer­paaie is oor die al­ge­meen goed, maar die hoof­roe­tes tus­sen die ste­de en gren­se we­mel van groot vrag­mo­tors en klaar­blyk­lik waan­sin­ni­ge be­stuur­ders. Die grond­paaie is ook nie sleg nie, be­hal­we die deel tus­sen Ka­ri­ba en H­wan­ge wat lek­ker vrot is.

Kry jy mak­lik brand­stof? Vul­sta­sies is vol­op in die gro­ter dor­pe en ste­de, maar daar is nie al­tyd die­sel be­skik­baar nie. Bring ’n jer­ry­kan of twee saam as jy kan vir ge­moeds­rus, vra die pe­trol­jog­gies uit oor die vol­gen­de p­lek, en maak vol waar jy kan eer­der as om te wag tot jou tenk laag is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.