JOU FO­TO

Land­skap­fo­to’s is een van die moei­li­ker gen­res van fo­to­gra­fie om­dat ’n mens geen be­heer het oor die na­tuur se e­le­men­te nie. Maar wan­neer die weer saam­speel, kan dit sorg vir ’n fo­to­fees. Drie le­sers deel elk ’n stuk­kie mooi­weer langs die wa­ter.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

Met ope arms

In sy be­roep as mi­kro­bi­o­loog hou hy nor­maal­weg die wê­reld deur sy mi­kro­skoop dop, maar die dag toe die wind teen die Li­miet­berg gaan lê, was I­van Har­ris van Wel­ling­ton slag­ge­reed met sy slim­foon.

“Ek het hier­die fo­to twee jaar ge­le­de by die Bob­by Har­ris­dam op ons plaas, Pal­miet Val­ley bui­te Wel­ling­ton, ge­neem. Toe ek die stille waters en weer­kaat­sing sien, het ek on­mid­del­lik stil­ge­hou om die oom­blik vas te vang. Só ’n wind­stil dag sien jy sel­de teen die Li­miet­berg. Ek kon nie die he­le to­neel op een raam­pie in­pas nie en het my foon se pa­no­ra­mie­se ver­stel­ling ge­bruik om die he­le berg en dam voor my op een fo­to te kry.”

’n Klom­pie fo­to­for­ma­te, waar­on­der die 35 mm-ka­me­ra s’n, is oor die ja­re ge­ves­tig. Die “35 mm” kom uit die dae van film, met die raam­pie van die ne­ga­tief wat 36 x 24 mm groot is. Hier­die af­me­tings gee ’n as­pek­ver­hou­ding tus­sen die lang en kort sy van 3:2. Die fo­to se lang kant is dus een der­de lan­ger as die breed­te. Vir fo­to’s is ’n mens daar­om van­dag ge­woond aan hier­die for­maat, en wan­neer jy hier­van af­wyk, trek dit on­mid­del­lik die aan­dag.

I­van se fo­to is ’n goeie voor­beeld hier­van – die lang for­maat staan as ’n pa­no­ra­mie­se for­maat be­kend. As die lens waar­mee jy die to­neel voor jou wil af­neem, nie wyd ge­noeg is nie, is daar an­der teg­nie­ke om dit wel reg te kry. ’n Mens kan by­voor­beeld die to­neel in de­le op­breek en ver­skil­len­de fo­to’s neem wat jy dan met fo­to­sag­te­wa­re op jou re­ke­naar las om een fo­to te maak.

Van­dag se slim­fo­ne het eg­ter ’n in­ge­bou­de pa­no­ra­mie­se funk­sie, en dít is die mo­dus wat I­van ge­bruik het. ’n Mens be­weeg die foon­lens sta­dig van die een kant na die an­der ter­wyl die foon dan die in­lig­ting as een fo­to berg.

Dié for­maat is dus ’n goeie weg­spring­punt vir ’n in­te­res­san­te fo­to, maar ui­ter­aard moet die on­der­werp ook iets wees om na te kyk. As ’n mens na I­van se fo­to kyk, ge­bruik hy die for­maat tot voor­deel van die on­der­werp.

Die lang for­maat on­der­streep die uit­ge­strek­te ber­ge. Ver­der be­klem­toon die berg se weer­kaat­sing die ber­ge self en lyk am­per soos twee ge­plooi­de han­de en uit­ge­strek­te arms wat teen me­kaar druk.

Die wal­ge­deel­te links voor op die fo­to breek die weer­kaat­sing, maar dit is nie steu­rend nie en ba­lan­seer eer­der met die droë oe­wer ver regs op die fo­to.

Stille waters...

’n Vroeg­og­gend se pas­tel­kleu­re gaan nie by Me­ran­di Mil­lard van Port O­wen ver­by son­der dat sy ’n fo­to daar­van neem nie.

“Ek het hier­die fo­to vroeg­og­gend ge­neem op Sal­dan­ha­baai. Ons het die aand op ’n boot ge­slaap wat in die ha­we was. Die og­gend toe ek op­staan, het ek die weer­kaat­sing van die bo­te in die wa­ter ge­sien, en die be­son­der­se kleu­re was só mooi ek moes dit net af­neem.”

Net soos met I­van en Floor­is se fo­to’s be­klem­toon die weer­kaat­sings op Me­ran­di se fo­to ook dít wat be­lang­rik is. Dit lyk am­per as­of die mas­te die weer­kaat­sing en die boon­ste deel aan me­kaar vas­stik. Al sien jy ’n klomp ver- skil­len­de bo­te, weet jou oog waar om te kyk; dit spring van die kant af op én af van mas tot mas.

’n Mens kan hier­die pa­troon met die seis­mie­se stre­pe op ’n Rich­ter­skaal ver­ge­lyk – iets wat die “stil” fo­to le­we gee. ’n Mens sou dink die land­ge­deel­te ag­ter die mas­te sal steu­rend wees, want dit trek ’n breë streep deur hul­le, maar dis ’n lig­ter ska­ke­ring as die mas­te – iets wat eer­der diep­te aan die fo­to ver­leen.

’n Mens kan die ska­du­ge­deel­tes nóg don­ker­der maak as jy die fo­to ef­fens meer s­kop wil gee, wat op sy beurt ook die kleu­re sal op­hel­der.

Samsung S9 Plus; 4,2 mm-lens (26 mm in 35 mm-for­maat); 1/25 van ’n se­kon­de; f1,7; ISO 250.

Samsung Ga­laxy A5; 3,69 mm-lens (28 mm in 35 mm-for­maat); f2.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.