WOON­WA­TOETS

GT Cam­per se groot­ste mo­del, die Li­bra, vind die vol­maak­te ba­lans tus­sen die prak­tie­se en die u­nie­ke.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - Teks en fo­to’s He­le­nus Kru­ger

Met die koms van bos­wa­ens ja­re ge­le­de het al­mal min of meer die­self­de ge­lyk: ’n romp met ’n dak­tent bo-op. Maar met die groei­en­de aan­vraag na bos­wa­ens het al hoe meer ver­vaar­di­gers én nu­we ont­wer­pe hul­le ver­sky­ning ge­maak.

MJ en El­mien Fit­chet, ei­e­naars van GT Cam­per, is al­ler­mins nu­we­lin­ge in die bo­swam­ark. Hul­le het ses jaar on­der­vin­ding in die be­dryf en hul­le wa­ens, die Li­bra en sy klein­boet, die S­pi­der, is twee van die nu­wer ont­wer­pe. Dié wa­ens het ’n u­nie­ke ei­en­skap, ’n eer­ste vir die plaas­li­ke mark: Die dek­sel van die wa ver­an­der na­dat jy dit oop­ge­vou het in ’n vloer vir die tent.

MJ sê hul­le het deur die ja­re al ver­skil­len­de soor­te kamp­toe­rus­ting ge­bruik op hul­le rei­se. Maar hul­le het ge­droom van ’n sleep­ding wat een­vou­dig, ge­rief­lik en sterk is. Om die droom te be­waar­heid was een­vou­dig: Bou jou eie wa, vol­gens jou eie be­hoef­te.

Só is die Li­bra en S­pi­der ge­bo­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.