Re­kord­ge­tal Crui­sers trek saam

Weg! Ry & Sleep - - NUUS -

Die Son­de­la-re­ser­vaat dig­by Be­la-Be­la het on­langs ge­we­mel van Land Crui­sers. Net soos laas­jaar het Ma­ri­us Op­per­man van T­rio E­vents Toyo­ta Land Crui­ser-ei­e­naars ge­nooi om te kyk of hul­le 2017 se kon­vooi­re­kord van 415 kon klop. Ma­ri­us-hul­le het on­ge­luk­kig die re­kord met twee voer­tuie ge­mis, maar het die A­fri­ka­re­kord vir die mees­te sta­tie­se Land Crui­sers op een per­seel ver­be­ter. Van­jaar se 491 is 57 voer­tuie meer as laas­jaar.

Van al die mo­del­le het die FJ die mees­te aan­dag ge­trek. Die ei­e­naars van N1 4x4 P­re­to­ria het met die oud­ste mo­del, ’n FJ 25 uit 1959, op­ge­daag. Fil­ly Prins­loo van A­gul­has het met sy FJ die ver­ste af­stand na die saam­trek af­ge­lê en 1801km ge­ry. Nie­mand kon Pie­ter Ban­nin­ga se ki­lo­me­ters ag­ter die rug in sy FJ45 troef nie. Teen 2 600 000 km op die klok het Pie­ter al meer as 64 keer om die wê­reld ge­ry, ’n af­stand wat jou drie jaar sal neem as jy dag en nag teen 100 km/h ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.