NU­WE BUF­FER EN ’N KAALBAS-HI­LUX

Weg! Ry & Sleep - - NUUS -

Soos ons in Weg Ry & Sleep #13 ge­noem het, het die Hi­lux Da­kar-weer­ga­we ’n voor­smaak ge­gee van hoe die res van die Hi­lux-reeks ont­rim­pel gaan word. Toyo­ta se bak­kie kry voor­langs ’n nu­we buf­fer, hoof­lig­te en sier­roos­ter. Bin­ne­langs erf hy ook die Da­kar-weer­ga­we se pik­swart af­wer­king.

Veer­tien en­kel­ka­juit­mo­del­le is be­skik­baar met pry­se wat wis­sel van R253 200 (2.0 VVTi-hand­rat) tot R525 800 (2.8 GD-6 4x4 Rai­der-ou­to­ma­ties). Daar is ook 6 X­tra-cab-mo­del­le (R386 700-R555 300) en 13 dub­bel­ka­juit­bak­kies wat by R385 100 be­gin en ein­dig by R663 800 vir die vlag­skip­mo­del-V6 Rai­der 4x4.

In ’n in­te­res­san­te wen­ding het Toyo­ta be­sluit om die so­ge­naam­de “chas­sis cab” te­rug te bring. Jy kan nou ’n Hi­lux son­der sy laai­bak koop. Dis ver­al goeie nuus vir in­sleep­diens­te, meu­bel­ver­voer­ders en wild­kyk­toer­o­pe­ra­teurs wat geen nut het vir die stan­daard­laai­bak nie. Dis ui­ter­aard ook i­de­aal vir die­ge­ne wat ’n Hi­lux wil om­skep in ’n kam­peer­wa. Die chas­sis cab is slegs be­skik­baar in en­kel­ka­juit­weer­ga­wes.

Hi­lux SC 2.0 Chas­sis Cab VVTi 5MT A/C R250 500 Hi­lux SC 2.4 Chas­sis Cab GD-6 5MT A/C R284 700 Hi­lux SC 2.4 Chas­sis Cab GD-6 4x4 SRX 6MT R407 100

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.