Voor jy jou beur­sie oop­maak

Weg! Ry & Sleep - - SLEEPTOETS -

Wat sê die boe­kie?

Brand­stof 95 ok­taan-pe­trol En­jin 3,63 ℓ Si­lin­ders 6 (bok­ser­en­jin) Krag 191 kW @ 6 000 r.p.m. Wring­krag 350 Nm @ 4 400 r.p.m. Rat­kas 6 spoed-ou­to­ma­ties (CVT) Aan­dry­wing Al­le­wiel Tar­ra 1 698 kg BVM 2 130 kg BKM 3 930 kg Waad­diep­te Nie be­skik­baar nie. Sleep­ver­moë vir ge­rem­de

sleep­ding Tot 1 800 kg Af­me­tings 4 815 mm (l); 1 840 mm (b); 1 675 mm (h) As­af­stand 2 745 mm S­poor­wyd­te 1 570 mm (voor); 1 580 mm (ag­ter) Grond­vry­hoog­te 213 mm Brand­stof­tenk 60 ℓ Prys (nuut) R617 000 Prys (twee­de­hands) Ons het op au­to­tra­der.co.za ’n 2018mo­del ge­sien met 5 000 km op die klok vir R519 900.

Vin­ni­ge fei­te

Die sleep­haak Die haak is nie stan­daard nie en kos ’n ver­de­re R5 573 (ar­beid uit­ge­sluit).

Ve­ring M­cP­her­son- o­n­af­hank­li­ke ve­ring voor en dub­be­le mik­ve­re met kron­kel­ve­re ag­ter. On­der die 80 kg­neus­ge­wig van die S­pri­te Sur­fer het die stert ’n skaf­li­ke 2,5 cm ge­sak.

Wat sê die skaal?

1 920 kg met ’n vol tenk

brand­stof, die be­stuur­der in die kar as­ook die neus­ge­wig van die Sur­fer op die haak. Ge­meet teen die tar­ra­ge­wig is dit ’n vrag van 222 kg.

Bin­ne­ruim Daar is min voer­tuie op die mark wat die Out­back se been­spa­sie vir die ag­ter­ste pas­sa­siers gaan klop. Daar’s ’n goeie 1½ dwars­han­de voor ’n ses­voet­mens se knieë, met ’n hand se ruim­te bo die kop. Op die voor­sit­plek het jy net drie vin­gers bo jou kop oop.

Spoed Die o­do­me­ter se 100 km/h is 5 km/h vin­ni­ger as die GPS-spoed.

Brand­stof­ver­bruik Die 16,54 ℓ/100 km (6,05 km/ℓ) is heel gaaf vir ’n ses­si­lin­der van dié groot­te. (Ons le­sing en dié van die Out­back se re­ke­naar stem oor­een.) Af­wer­king Oor­we­gend swart, styl­vol en ste­wig. In die deu­re en by die pa­neel­kis­sie is ook ’n don­ker strook na­ge­maak­te hout.

Ek­stras Geen.

An­der mo­del­le? Net een, die 2.5 i-S, wat jou R550 000 uit die sak gaan jaag.

Weg Ry en Sleep sê ’n Mens kan kies tus­sen tien kleu­re wat wis­sel van swart of wit reg­deur tot rooi en blou. Die groen van ons toets­voer­tuig pas die Out­back soos ’n hand­skoen.

’n Mens sou dink die 3,6 ℓ­en­jin het ’n groot keel­gat, maar oor sy 16,7 ℓ/100 km – dit is 6 km/ℓ – ter­wyl hy ’n wa van ’n ton op die haak sleep, kan ’n mens nie kla nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.