Kit­sjo­gurt­tert

Weg! Ry & Sleep - - KAMPKOS -

KIT­SJO­GURT­TERT O, die bot­ter­ka­ra­mel!

Hier­die ys­kas­tert het nie ’n ys­kas no­dig nie! Dis dus ’n won­der­li­ke kamp­staat­ma­ker en baie lek­ker­der as wat jy dink – moe­nie hom vlak kyk nie.

Jy be­no­dig (ge­noeg vir 4)

8-12 spys­ver­te­rings­koe­kies (di­ge­s­ti­ve bis­cuits), grof­ge­krum­mel 1 groot hou­er (1 kg) ys­koue G­riek­se jo­gurt 1 bok­sie Moirs-kitspoe­ding (But­terscotch-geur) 12 vars aar­beie, in sky­fies ge­sny Só maak jy

1 Strooi die koe­kie­krum­mels in ’n vlak bak of ge­bruik blik­be­kers o vir elk­een sy eie poe­ding te maak.

2 Skep die jo­gurt uit in ’n mid­del­slag-meng­bak en s­prin­kel die poe­ding­meng­sel daar­oor. Roer dit vin­nig en deeg­lik tot heel­te­mal ge­meng.

3 Skep da­de­lik die jo­gurt­meng­sel oor die krum­mel­laag (in die vlak bak of blik­be­kers) en maak dit ef­fens ge­lyk. Ver­sier dit met die aar­beie en sit dit da­de­lik voor.

Weg Ry & Sleep sê P­leks van die aar­beie kan jy ge­drei­neer­de ge­blik­te vrug­te ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.