Weg!

Kruger: Weg met tweerigtin­gradio’s

-

Ons was in die Julievakan­sie die vierde jaar agtereenvo­lgens in die Krugerwild­tuin. Ons verblyf was weer eens ongeloofli­k en die personeel vriendelik en behulpsaam.

Die enigste laagtepunt was die gedrag van die derdeparty-oopsafariv­oertuie. Ons het in ’n stadium ’n trop leeus dopgehou wat buffels jag. Ons was vyf voertuie waaronder een safarivoer­tuig (dit was nie die park s’n nie). Die gids was gedurig op sy tweerigtin­gradio om sy kollegas te roep, en binne ’n paar minute was daar agt safarivoer­tuie! Hulle het met groot stofwolke daar aangejaag gekom en een voertuig het tussen ’n trop swartwitpe­nse ingejaag – teen seker 80 km/h op die grondpad! Dit was ’n groot rumoer en uiteindeli­k het ons (en die leeus) padgegee. Ek verstaan heeltemal die diens wat dié voertuie aan die publiek en veral buitelands­e toeriste bied en ondersteun dit ook, want dit is goed vir die ekonomie van die park en die omgewing.

Maar kan ’n mens nie die tweerigtin­gradio’s verbied nie? Dit sal verseker dat almal hulle eie wild soek en die voertuigla­ding sal beter versprei wees.

Dit sal verhoed dat voertuie na plekke toe jaag wat mens en dier onnodig in gevaar stel en ’n negatiewe indruk op “gewone” toeriste laat.

PIETER VAN DER MERWE, Paarl

LAURA LUKMEVHO, mediabeamp­te van die Krugerwild­tuin, antwoord: Ons keur die gebruik van tweerigtin­gradio’s deur safarigids­e op soek na wild ten sterkste af. Dit lei tot slegte gedrag, ’n jaery, padwoede en die opeenhopin­g van voertuie. Ongelukkig kan ons nie die radio’s verbied nie – dit is ’n noodsaakli­ke veiligheid­smaatreël. Die gidse aanvaar volle verantwoor­delikheid vir hulle gaste en moet tydens ’n noodgeval met hoofkantoo­r kan kommunikee­r.

Lees op bl. 28 hoe jy ’n safarigids wat sy radio misbruik, kan rapporteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa