Weg!

Saal af by die Swartberg-hotel

-

Ons het op ’n Sondagmidd­ag aangekom by die Swartberg-hotel ( swart berghotel.co.za) op Prins Albert. Ek en my man is pensioentr­ekkers en dink twee keer voordat ons uiteet – maar die spyskaart was onweerstaa­nbaar. Ná ete betaal ek die rekening van R240. Toe ek die SMS kry, is R440 van my rekening verhaal. Nadat ek die saak met die bestuur opgeneem het, is die bedrag met ’n verskoning, dadelik aan my terugbetaa­l.

Gaan maak ’n draai by die hotel: Die kos is uit die boonste rak, die diens puik en die mense eerlik.

ELMARIE DE MEYER, Hoedspruit

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa