Weg!

5

-

Nie almal kan die kuns van die perfekte roti bemeester nie (sag en effens taai), maar ek gaan probeer – onder die wakende oog van die kosmaakgho­eroe Zainie Misbach. Zainie dra ’n groot donkerbril wat weerkaats. Sy beduie ons by Rose Corner Café in, waar ’n mens voorbereid­e deeg vir roti’s kan koop. Ons stap saam na Atlas Trading vir speserye, en dan na haar huis toe.

In die kombuis, rondom ’n mooi houttafel, gee sy oor aan haar skoondogte­r Zoelfaa Harris (foto bo), wat met roti-deeg begin. Daar’s iets bevredigen­ds daaraan om die taai deeg plat te rol en met botter te verf. Daarna “draai” jy die stuk deeg sodat dit ’n dik tou vorm, wat dan gerol word in die vorm van ’n chelseabol­letjie. Die deeg gaan yskas toe tot dit tyd is om dit weer uit te rol en te braai.

Hierna leer Zainie ons hoe om vinkel, komyn en koljander te meng om garam masala te maak vir ’n tradisione­le Kaaps-Maleise kerrie. Terwyl die kerrie kook, help Zoelfaa ons om dhaltjies (speseryagt­ige diepgebraa­ide deegbollet­jies) te maak en samoesas te vou.

Dan is dit tyd om te smul aan die vrug van ons arbeid. Onthou, moenie te veel peusel terwyl jy kosmaak nie, sodat jy genoeg plek het wanneer dit amptelik etenstyd is! Hoe werk dit? Die toer duur sowat drie uur en vertrek om 10.30 vm. van die Bo-Kaap-museum af (Waalstraat 71). Bespreking­s is noodsaakli­k. Koste R700 p.p. Kontak 074 130 8124; bokaapcook­ingtour.co.za Nog ’n kosghoeroe. Die Bo-Kaapse legende Faldela Tolker bied ’n interaktie­we kosmaakkla­s teen R300 p.p. en ’n kombinasie­toer (kosmaak en stap) teen R600 p.p. Kontak 072 483 4040; faldelatol­ker@gmail.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa