Ie­tie se nu­we le­we

Weg! - - Vooraf -

Ons het in die win­ter ’n ie­ter­ma­gô be­vry uit ’n on­wet­ti­ge strik op ons plaas. Ek het da­de­lik be­gin na­vors hoe om my nu­we pa­si­ënt te ver­sorg – Dar­ren Pie­ter­sen van die A­fri­can Pan­go­lin Wor­king Group was baie be­hulp­saam.

Die ie­ter­ma­gô, Ie­tie, het met­ter­tyd ge­sond ge­raak. Hy het la­ter my stem her­ken, oop­ge­rol, en be­gin soek vir sy nu­we miers­hoop, waar­van ons baie de­le uit die veld vir hom aan­ge­ry het. Hy het heer­lik langs die hon­de en Piep, ons hans hoen­der, voor die ver­war­mer ge­lê en slaap.

Ie­ter­ma­gôs is ’n be­dreig­de spe­sie en dit was ’n voor­reg om hom as deel van ons huis­hou­ding te hê vir so­wat d­rie we­ke! Hul­le aard glad nie in klein ruim­tes nie om­dat hul­le ná e­tes et­li­ke ki­lo­me­ters moet stap om kos te ver­teer (wat ons ge­doen het). Hy is los­ge­laat op ’n wild­plaas met oor­ge­noeg kos, waar hy vei­lig is. Ons ver­lang baie na hom, en hoop hy het kin­ders by do­sy­ne!

HENRIËT JA­COBS, U­ping­ton Henriët wen ’n Zo­fa-op­blaas­bank ter waar­de van R700. Trek bloot die Zo­fa deur die lug en bin­ne se­kon­des het jy ’n ge­mak­li­ke sit- of lê­plek vir die kamp­plek, op die strand of in die swem­bad – jy het nie ’n pomp no­dig nie. Die Zo­fa is ge­maak van sterk, wa­ter­dig­te val­skerm­ma­te­ri­aal. Dis lig­ge­wig (net 1,3 kg) en word ver­pak in ’n net­jie­se dra­sak.

Gaan na

SKRYF AAN ONS EN WEN!

zar­tek.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.