Dis na­week op Vry­heid

Weg! - - Vooraf Briewe -

Voor­heen was die naas­te wat ek aan die dorp Vry­heid ge­kom het, om deur te ry op pad na ie­wers an­ders. Maar ons het on­langs ’n heer­li­ke weg­breek­na­week hier deur­ge­bring. Ons het ge­bly in Pe­tra’s Coun­try Gu­est­hou­se – hier’s ho­pe speel­plek vir kin­ders, en daar’s bees­te, don­kies, hoen­ders, een­de en poue.

Die Sa­ter­dag het ons die It­ha­la-wild­re­ser­vaat be­soek, so­wat 70 km ver­der. Die re­ser­vaat is heu­wel­ag­tig en groen met vol­op uit­kyk­pun­te. Die hoog­te­punt was ’n groot plat­form waar jy rus­tig oor die ber­ge en Pon­go­la­ri­vier kan tuur (foto links).

Op pad te­rug het ons deur Dun­dee ge­ry en die Bloed­ri­vier-er­fe­nis­ter­rein ( bloed­ri­vier.org.za) be­soek. Jy draai van die R33 af en ry so­wat 20 km op ’n mooi grond­pad tot by dié mu­seum. Jy kan ook meer leer oor die Zoe­loe­kul­tuur in die N­co­me­mu­seum aan die an­der kant van die ri­vier.

ANITA ENGELBRECHT, P­re­to­ria

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.