Eers Nau­dés­nek, dan Sa­ni

Weg! - - Vooraf Briewe -

Met spra­ke van die plan om die Sa­ni­pas te teer het ek be­sluit om dit in die Sep­tem­ber­skool­va­kan­sie te ry. Die GPS dui aan dat die bes­te roe­te soon­toe loop oor Bloem­fon­tein, Beth­le­hem en Har­ri­smith na Un­der­berg.

Ek voel a­von­tuur­lus­tig en be­sluit om deur die Oos-Vry­staat (We­pe­ner en Zas­tron) en die Oos-Kaap ( La­dy G­rey, Bark­ly-Oos en R­ho­des) te ry.

Wat ’n goeie be­sluit, want toe ont­dek ons die Nau­dés­nek­pas. Ons het op R­ho­des oor­ge­bly en vroeg die vol­gen­de og­gend die pas aan­ge­pak.

Dit was be­wolk en plek-plek ef­fens mis­tig. Daar het kort-kort ’n mot­re­ën­tjie uit­ge­sak en dit het la­ter ook lig­gies ge­sneeu. On­danks die e­le­men­te het ons ’n goeie uit­sig ge­had en was die pad heel­te­mal be­gaan­baar. Ons kon die hoog­ste punt son­der veel van ’n ge­suk­kel be­reik – selfs my voer­tuig se vier­trek was nie reg­tig nood­saak­lik nie. Sa­ni was na­tuur­lik ook baie mooi, maar ons het dit in ’n toer­bus­sie ge­ry.

HENNIE VAN DER MER­WE, Kim­ber­ley >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.