Ode aan die tuin­vo­ël

Weg! - - Kortliks Briewe -

Deur die ja­re heen het ek ken­nis ge­maak met die vo­ëls wat in en om my tuin be­weeg. ’n Groot aan­tal spe­sies het hul­le daar tuis­ge­maak, dan is daar ge­reel­de be­soe­kers en ge­leent­heids­be­soe­kers. En­ke­le spe­sies is per­so­na non gra­ta om­dat hul­le die an­der vo­ëls ver­dryf of hul­le kos vreet – soos die tu­in­duif, In­die­se spreeu en die ha­di­da.

Van die per­ma­nen­te in­wo­ners is die o­lyf­lys­ter, mos­sie, tor­tel­duif, swart­oog­tip­tol, jan­fre­de­rik en al­ler­lei vin­ke en we­wers. Die sui­de­li­ke wa­ter­fis­kaal en sy maat ver­gas ons van tyd tot tyd met ’n mooi du­et. Kuif­kop- en rooi­kop­hout­kap­per­pa­re het hul­le tuis­ge­maak in die bo­me waar hul­le die kleur­ry­ke klein­tjies groot­maak.

Die glans­spreeu het nou on­langs die eer­ste keer sy op­wag­ting ge­maak. K­wê­vo­ëls met hul­le sier­li­ke kuif kan soms luid­rug­tig raak. Ver­skil­len­de soor­te sui­ker­bek­kies ver­kies ’n la­ning met sap­pi­ge blom­me. In die so­mer­maan­de hoor jy die vlei­loe­rie roep vir die rëen. F­ret­te sien ons net as daar fyn saad­jies be­skik­baar is en die dik­be­kwe­wer loer soms in.

Ka­ke­laars, wit­bors­kraaie en grys­neus­ho­ring­vo­ëls is soms in die lug en sig­baar in hoë bo­me. ’n Mooi ge­sig in die so­mer is wan­neer die kleur­ry­ke Eu­ro­pe­se by­vre­ters laat­mid­dag bo ons kop­pe draai voor­dat hul­le in ’n groot boom hier na­by oor­nag. Laat­mid­dag vlieg ’n swerm witrei­ers in ’n per­fek­te V-for­ma­sie oor die tuin. Ek won­der waar slaap hul­le en waar wei hul­le? Twee vo­ëls wat ver­kies om op die sy­paad­jie te bly is die hoep­hoep en kar­di­naal­speg.

Een van die skaars­ste vo­ëls wat ons tot dus­ver ge­sien het, is die sku spook­vo­ël met sy spook­ag­ti­ge roep. Die mooi­ste van al­mal wat ons sel­de sien, is die kas­tai­ing­bruin pa­ra­dys­vlie­ë­van­ger wat duik vir ’n sluk­kie wa­ter in die swem­bad.

Vol­gen­de keer wan­neer jy in jou tuin is, sit ag­ter­oor en wees op die uit­kyk vir jou spe­si­a­le be­soe­kers.

Die brief is ge­skryf in sa­me­wer­king met ’n vrien­din, Re­tha de Waal, en die foto’s is ver­skaf deur ’n an­der vrien­din, Ma­ri­a­na Kel­ler.

DR. ED­DIE HARVEY, P­re­to­ria

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.