WEET VOOR JY WAAI

Weg! - - Stap Die Otter -

Wan­neer moet ek gaan stap? Ons het in Au­gus­tus ge­stap. Jy kan die Ot­ter heel­jaar stap. Re­ën is e­ni­ge tyd van die jaar moont­lik. As jy teg­nies wil raak (en kan kies tus­sen da­tums): Kies ’n tyd waar laag­ge­ty op dag 4 in die mid­del van die dag val so­dat jy nie dou­voor­dag hoef op te staan om die Blou­krans­ri­vier “reg” te vang nie. Hoe ge­maak met my mo­tor? As jul­le in meer as een mo­tor ry, los die een by die Na­tu­re’s Val­ley-rus­kamp en die an­der by die be­gin­punt by die S­torms­ri­vier­rus­kamp­hek. Wat pak ek in? Kry ’n vol­le­di­ge in­pak­lys by weg.co.za. Soek na “Ot­ter-in­pak­lys”. Hoe fiks moet ek wees? Aan­ge­sien die dae nie te lank is nie, kan ’n er­va­re stap­per met ’n on­fik­se lyf weg­kom. Maar die ter­rein is uit­da­gend – maak dus se­ker jy’s fiks en jou skoe­ne pas goed as dit jou eer­ste rug­s­ak­stap is. Hoe fik­ser jy is, hoe lek­ker­der gaan dit wees ( jy het tog ’n jaar ge­had om te oe­fen...). Hoe­veel kos dit? R1 150 p.p. plus die be­wa­rings­ta­rief van R49 p.p.p.d. (R24 p.d. vir kin­ders). Dié ta­rief is gra­tis as jy ’n Wild Card het. Die roe­te het plek vir 12 men­se. Hoe be­spreek ek? Be­spre­kings

012 426 5111; spe­ci­a­li­sed re­ser­va­ti­ons@san­parks.org

Jy moet min of meer ’n jaar voor­uit be­spreek, ver­al as jul­le 12 is wat saam wil stap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.