DAG 4

Weg! - - Leser Vertel Mosambiek -

Met die uit­loer uit die tent hang ’n don­ker mus­kiet­wolk oor ons kop­pe. Ons is só haas­tig om te ver­kas dat An­dries eers in die wa­ter ag­ter­kom hy het nog sy slaap­broek aan!

Ons word va­nog­gend om­ring deur mooi blou wa­ter en ek suk­kel om woor­de te vind vir al die ska­ke­rings van blou. Op Te­co­ma­ji-ei­land snor­kel­duik An­dries. Ek hou ag­ter aan my boot vas en die wind sleep my met duik­bril op bo-oor die ko­raal­riw­we en kleur­ry­ke vis­sies. Ek won­der wat sal ge­beur as die boot uit my hand glip...

Rondom Pal­ma se punt (Ca­bo Del­ga­do) sluit ’n groe­pie plaas­li­ke vis­ser­man­ne in hul­le uit­ge­hol­de boom­skui­te by ons aan. Ons maak grap­pe en skerts oor en weer. Hul­le is ver­al ge­ïn­te­res­seerd in ons sei­le se ont­werp.

Die wind bol heer­lik in die sei­le en ons eind­punt, die dor­pie Qui­on­ga, kom gans te vin­nig na­der. Ek sou graag vir nog ’n dag of twee in die S­kep­per se blou pa­ra­dys wou rond­seil!

Vir die eer­ste keer se­dert ons ver­trek haal ons spa­ne uit. Ons roei die laas­te 3 km wind­op in die ri­vier­mon­ding tot op Qui­on­ga. An­dré T­hi­art, ’n vriend en sen­de­ling daar, wag ons in en be­duie vir ons die pad deur die man­gliet­bo­me na die vas­meer­plek.

Hier­die reis was my af­skeid van Mosambiek – ons ge­sin is op pad te­rug Suid-A­fri­ka toe. Ek is dank­baar vir die voor­reg om so lank hier te kon bly en het nou oor­ge­noeg “brand­hout” vir die siel. Ek klim uit my boot uit, reg vir die nu­we a­von­tuur in Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.