DAG 3

Weg! - - Leser Vertel Mosambiek -

Dis don­ker. Ons moet met hoog­wa­ter ver­trek, want met laag­wa­ter trek die see soms ki­lo­me­ters te­rug. Die flou se­kel­maan is ons gids.

Ná ’n mooi sons­op­koms leun ek te­vre­de ag­ter­oor in my “seil­jag” en voel ry­ker as ’n mil­joe­nêr! Min van hul­le smaak se­ker ooit die be­vre­di­ging om hul­le eie “seil­jag” te ont­werp, te bou en te seil. Met ’n ou blou stort­gor­dyn vir ’n seil, plas­tiek­ta­fel­doek vir ’n ven­ster­tjie (in die seil), o­lie­kan­ne vir sta­bi­li­seer­ders, bam­boe­sta­kel­werk en ’n paar stuk­ke bin­ne­band­rek is hier­die “seil­jag” see­waar­dig. En as ek moet raai, hand­haaf ons ’n ge­mid­del­de spoed van so­wat 10 km per uur – glad nie sleg nie.

Ons doen van­dag ook van die pri­va­te ei­lan­de aan en vra rig­ting by die plaas­li­ke men­se. Hul­le be­duie ge­woon­lik rig­ting oor die see met die wys­vin­ger wat by die eer­ste lit ge­buig word. Dié kor­ter vin­ger be­duie vol­gens hul­le meer ak­ku­raat rig­ting as ’n uit­ge­strek­te wys­vin­ger. Jy moet dan ook ag­ter hom gaan staan en saam oor sy vin­ger kor­rel.

An­dries haak la­ter ’n vis, maar dié byt die lyn af – ons eet van­aand boe­lie­bief! Ons slaap die aand op Qu­e­ra­mim­bi-ei­land na­by Pal­ma, die vol­gen­de groot kus­dorp. Die e­nig­ste in­wo­ners is mus­kie­te. Hul­le ap­tyt is so groot soos ons s’n en hou die kui­er om die kos­pot­te kort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.