SA­REL VAN DER WESTHUIZEN

Weg! - - Mense Se Lense -

Ca­non EOS 1100D Ca­non 75-300 mm-lens

TO­AST SÊ: Sa­rel van Rus­ten­burg het dié foto van ’n pe­li­kaan by St. Lu­cia in K­waZu­lu-Na­tal ge­neem ter­wyl hy op ’n vo­ël­kyk-uit­stap­pie was. Dit was vroeg­og­gend en die lig was sag en aan­ge­naam.

Ek hou van die sen­tra­le po­si­sie van die vo­ël, wat be­klem­toon word deur die volg­stroom wat ge­lyk na ag­ter­toe uit­strek. Dit gee die foto baie goeie ba­lans. Dis ook be­lang­rik vir die suk­ses van die foto dat die pe­li­kaan na die kant toe ge­kyk het. ’n Pe­li­kaan se sna­wel is mak­lik her­ken­baar en daar­om is daar geen twy­fel oor wat­ter vo­ël dié is nie.

Pro­beer al­tyd om die bui­te­ly­ne van jou on­der­werp so dui­de­lik as moont­lik te hou wan­neer jy ’n sil­hoe­ët neem.

Die ky­ker moet kan sien wat aan­gaan, al is die on­der­werp on­der­be­lig. ’n Sy­pro­fiel van men­se, vo­ëls of die­re werk die bes­te as ’n sil­hoe­ët.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.