CHRISMARI VAN DER WESTHUIZEN

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s -

So­ny SLT-A77V Sig­ma 105 mm-ma­kro­lens

CHRISMARI SÊ: Ek was in Lam­berts­baai in die Wes­kus en wou na­by­fo­to’s neem van snoek wat van die bo­te af kom. Dit was ’n be­wolk­te dag met sag­te lig, en ek het be­sluit om ook an­der foto’s te neem om vir my vrien­de te wys hoe mooi dit was.

My slui­ter­spoed was 1/320ste van ’n se­kon­de, lens­o­pe­ning f5.6 en ISO 100. Ek het ná die tyd op my re­ke­naar net klein ver­stel­lings ge­maak aan die kon­tras en kleur om­dat die foto ef­fens vaal ge­lyk het.

TO­AST SÊ: Ek hou reg­tig baie hier­van. Dis ’n ak­sie­fo­to wat iets ver­tel van die ha­we­le­we in Lam­berts­baai en dit gaan ’n bie­tjie ver­der as die ter­loop­se toe­ris­fo­to – men­se neem meest­al mal­gas­se af by die skui­ling wat na aan die ha­we ge­bou is.

Die see­meeue help om die raam­pie vol te maak van bo tot on­der. Son­der die twee meeue bo regs in die raam­pie sou die foto baie min­der boei­end ge­wees het.

As jy op ’n be­wolk­te dag land­skap­fo­to’s neem, hoef jy nie te suk­kel met kon­tras­te tus­sen die hel­der en ska­du­ry­ke de­le van die foto nie. Die sub­tie­le kleu­re maak dit ’n foto wat jou aan­dag hou.

Chrismari het goed ge­vaar om haar ho­ri­son (die see in die ver­te) per­fek ho­ri­son­taal te hou. Die ak­sie in die raam trek dik­wels ’n mens se aan­dag af. Ek maak ge­reeld my lin­ker­oog oop om ver­by die ka­me­ra na die ho­ri­son te kyk ter­wyl ek my reg­ter­oog op die ka­me­ra se beeld­soe­ker (en die ak­sie in die foto) hou. Dit help om my kom­po­si­sie in ver­hou­ding tot die ho­ri­son te “an­ker”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.