EENVOUD IS TREF­FEND

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s -

Mor­kel Eras­mus het dié swart-wit foto’s met ’n di­gi­ta­le ka­me­ra ge­neem en dit op ’n re­ke­naar ver­werk. Tog roep dit iets op van die era van die don­ker­ka­mer. In die ou dae het ’n mens die film­hou­er in die don­ker oop­ge­maak en dit op die ont­wik­ke­ling­spoel ge­sit – en ter­wyl die che­mie­se reuk jou neus tref, het jou foto op die pa­pier ver­skyn, as­of ie­mand toor­woor­de ge­ui­ter het...

Daar is nou maar een­maal iets tyd­loos aan swart­wit foto’s. Mor­kel het sy eer­ste di­gi­ta­le ka­me­ra in 2009 ge­kry en werk se­dert­dien aan sy por­te­feul­je. Die swart­wit foto’s van die fo­to­gra­we Nick Brandt en Be­ver­ly Jou­bert het hom ge­ïn­spi­reer en hy het ge­wérk om dié kuns on­der die knie te kry – en in die pro­ses baie toe­ken­nings ge­wen. Hier­die is sy twee­de swart-wit por­te­feul­je in – die eer­ste een was in #100.

As hy nie saam met sy vrou en kin­ders in die bos kamp of werk nie, lei hy fo­to­gra­fies­a­fa­ri’s saam met die toer­a­gent­skap Wild Eye.

SAAM­GE­STEL DEUR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.