1

Weg! - - Ses Van Die Bestes Boomhuise -

Ie­wers aan die voet van die O­li­fants­ri­vier­berg staan ’n po­pu­lier­bos op die oe­wer van die ge­lyk­na­mi­ge ri­vier. In dié bos sit jy hoog bo in die tak­ke op ’n hout­dek en kyk hoe twee ge­wo­ne jan­fre­de­rik­ke me­kaar jaag. Dié ak­sie ge­beur teen oog­hoog­te, want die dek waar­op jy sit, is deel van ’n boom­huis.

Ce­dar Es­ca­pe is eint­lik ’n boom­huis­back­pac­kers. Plan­kie­spaad­jies ver­bind vyf dub­bel­ka­mers met ’n ge­meen­skap­li­ke bad­ka­mer. Ter­wyl jy op dié plan­kie­spaad­jies stap, ver­wag jy dat ’n A­va­tar- ag­ti­ge nimf by jou gaan ver­by­swiep. Hier’s twee “uit­gan­ge” uit die bos – die een daal af na die par­keer­ter­rein en die an­der na die ge­meen­skap­li­ke uit­span­kol langs die ri­vier. Kom braai op een van die twee kui­er­dek­ke of tus­sen die bo­me, of ver­ken die ri­vier op ’n ka­no.

Hier is slaap­plek vir al­te­sa­me tien men­se – nooi jou naas­te vrien­de vir ’n kui­er­na­week uit die boon­ste tak­ke. Ge­rie­we Hier is 5 dub­bel­ka­mers op stel­te, elk met ’n hout­dek­kie. Die ka­mers deel ’n bad­ka­mer (toi­let en warm stort), toe­ge­rus­te kom­buis (op die grond) en uit­span­plek. Een van die boom­hui­se, Max­i­ma, het ’n kom­bui­sie en braai­plek. Dis niks fên­sie nie, maar hier’s al­les wat jy no­dig het. Wat pla? Hier is ver­war­mers en kom­ber­se, maar ek sou nie som­mer in die win­ter kom nie. Hoe kom ek daar? Draai van die N7 af op die R393 na Citrus­dal. Draai regs by die The Bat­hs-bord. Volg hier­die pad langs die O­li­fants­ri­vier vir so­wat 24 km. Kos­te Max­i­ma: R680 p.n. vir 2 men­se en R580 p.n. vir die an­der ka­mers. Kon­tak 071 681 3871; ce­da­res­ca­pe.co.za

– Es­ma Mar­ne­wick

ON­DER DIE STER­RE (BO). In die aand is die Melk­weg jou ge­sel­skap wan­neer jy in die Bo­na N­ta­ba Tree Hou­se Lod­ge nes­skop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.