5

Weg! - - Ses Van Die Bestes Boomhuise -

An­na’s Coun­try Ac­com­mo­da­ti­on lê in die hart­jie van G­rey­ton, aan die voet van die Ri­vier­son­der­end­berg. Die min­der a­von­tuur­lus­ti­ge rei­si­ger kan lê­plek kry by een van d­rie self­sorg­kot­hui­se, maar An­na se wa­re trek­pleis­ter is die boom­huis.

Die boom­huis is ver­steek in die tak­ke van ’n sta­ti­ge ou ei­ke­boom. Die tuin is só ruig jy ver­geet skoon dat jy in die mid­del van ’n dorp bly. Hier kan jy weg­kom van die ge­raas van die stad, maar steeds win­kel toe stap vir ’n plak sjo­ko­la­de of vars brood.

Dis nie soos een van die boom­hui­se wat jy en jou pêl­le in die la­er­skool met oor­skiet­plan­ke aan me­kaar ge­flans het nie. Nee, dié boom­huis het ’n he­mel­bed en groot glas­pa­ne­le as mu­re.

Voor die glas­pa­neel staan ’n poot­jies­bad. Hier’s ook ’n stort op die stoep met ’n bla­re­gor­dyn so­dat jy nie ’n niks­ver­moe­den­de gas wat vo­ëls in die tuin soek, die skrik op die lyf jaag nie. Ge­rie­we Die boom­huis is oop­plan en het ’n mi­kro­golf­oond, gas­stoof en klein ys­kas. Op die grond is ’n pri­va­te braai­plek (en ’n TV is weg­ge­steek in die kas). Ska­kel die pa­neel­ver­war­mers aan in die win­ter. Wat pla? Los die kin­ders by die huis, want hier is net plek vir twee men­se. Dit kan be­knop raak bin­ne; sorg dus dat jy en jou maat op goeie voet is. Hoe kom ek daar? Mark­straat 1 Kos­te R700 p.p.p.n. slegs vir 1 of 2 men­se. Mi­ni­mum 2 nag­te. Kon­tak 084 764 6012; g­rey­ton-ac­com­mo­da­ti­on.com

– François Haas­broek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.