EET WHERE HIER TO EAT
Le Fournil De Plett-bakkery Hierdie is ’n regte Franse bakkery wat heerlike ontbyt en allerlei varsgebakte brode en fyngebak bedien. Die restaurant lê langs ’n bedrywige plein met boetiekwinkels en ’n kunsgalery. Waar? Lookout-sentrum, Hoofstraat Oop Daagliks van 7 vm.-4 nm. Kontak 044 533 1390
Clare’s Cakes and Deli Goeie koffie en ontbyt en ’n reeks koeke en eetgoed vir die suikertand. Probeer die kaaskoek of die bloubessiepannekoeke. Hier’s ook ’n deli vir middagete. Waar? Marinegebou, Hoofstraat Oop Daagliks van 8 vm.-5 nm. Kontak 044 533 0000;
clarescakes.co.za
Beacon Island-hotel Die restaurant by dié ikoniese hotel is oop vir besoekers en het een van die beste liggings in Plet, reg op die rotse by Central Beach. Bestel die volle Engelse ontbyt of lê weg aan die vis-en-tjips of ’n pizza as dit tyd is vir middagete. Waar? Central Beach Oop Daagliks van 7 vm.-laat Kontak 044 533 1120;
tsogosun.com Waar? Piesang Valley-weg Oop Weeksdae van 8.30 vm.-4 nm.; Saterdag en Sondag van 8.30 vm.-4 nm. Kontak 082 534 0360
The Heath The Heath bestaan uit ’n paar winkeltjies onder dennebome. Die restaurant verkoop onder meer oop toebroodjies, plaatkoekies, slaaie en kaasborde. Die winkel langsaan verkoop kreatiewe dekorgoed, handgemaakte meubels en ander plaaslike produkte. Buite is ’n groot speelplek met klimrame en foefieslaaids. Jy kan maklik ’n hele oggend hier besig bly. Waar? Sowat 8 km wes van Plet op pad na Knysna, net langs die N2. Oop Daagliks van 8.30 vm.-4 nm. Kontak 044 532 7724
Thyme and Again Die padstal en restaurant het ’n speelplek vir kinders in die tuin. Hou hier stil vir heerlike tuisgebakte pasteie – ons kan die spinasie-en-feta of kerriebeesvleis aanbeveel. Koop ’n appelpastei en